News
comments 8

Waar laat vergoeding die Zimbabwiese boere?

’n Artikel deur dr. Theo de Jager

Daar is geen eenvoudige antwoorde op die komplekse politieke en ekonomiese vrae van ons tyd nie. Ek besef dit opnuut elke week as ek weer ’n e-pos van die Kommersiële Landbou-unie (CFU) oopmaak waarin hulle die afsterwe van nog ’n lid aankondig, en die naam by ’n gesig plaas; nog ’n verswakte bejaarde wat in ’n verwaarloosde ouetehuis of hospitaalbed gesukkel het om vir mediese versorging te betaal en finansieel sy punte bymekaar te kry. Elkeen van hulle het gehoop dat vergoeding vir plase, vee, oeste en toerusting wat sedert 2000 sonder vergoeding onteien is, nog in hulle leeftyd sou realiseer, en die nood sou verlig.

Slagoffers van onteiening sonder vergoeding in Zimbabwe vra daagliks: “Behoort ons met ’n minder-as-ideale vergoedingskikking tevrede te wees? Of moet ons aanhou om in Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse howe, in streektribunale en internasionale forums te baklei totdat ons ’n billike en regverdige uitkoms kan beding?” Sulke vrae het geen eenvoudige antwoorde nie.

Die CFU het bereken dat verbeteringe op onteiende plase, wat die ZANU-PF-regering nou bereid is om uit te betaal, ongeveer 5,2 miljard Amerikaanse dollar werd is.

Daar is nie ’n ideale skikking wanneer mens ’n weg uit ’n diepgewortelde konflik uit onderhandel nie. In die hamermeule van gee-en-neem-ooreenkomste offer almal meer op as waarmee hulle gemaklik is, om minder te wen as wat hulle wou gehad het. Die CFU het bereken dat verbeteringe op onteiende plase, wat die ZANU-PF-regering nou bereid is om uit te betaal, ongeveer 5,2 miljard Amerikaanse dollar werd is. Die skikkingswaarde van $3,5 miljard wat in Julie 2020 onderteken is, is twee derdes daarvan.

Die vraag is eerder: moet daar na die doelhok geskop word wanneer die geringste gaping hom voordoen, of is dit die moeite werd om nog tien of vyftien jaar te wag vir ’n beter geleentheid en intussen op elke moontlike platform vir jou regte te baklei? Wat is die finansiële, ekonomiese, politieke, sosiale en reputasierisiko’s wat daarmee gepaard gaan?

Vir Zimbabwiese boere hoef dit egter nie ’n óf te wees nie, dit kan ook ’n én wees. Tref ’n ongemaklike kompromie en behou die morele hoë grond deur ’n onvolmaakte onderhandelde skikking oor vergoeding te onderskryf, terwyl jy terselfdertyd in Suid-Afrikaanse en internasionale howe en tribunale, media en beleidmakende liggame die ongeregtigheid aanval. Waar die plaaslike landboustruktuur weens die inhoud van die skikkingsooreenkoms dit nie kan doen nie, kan ’n ander verteenwoordigende voertuig daarvoor gebruik word.

Die veg-opsie is vermoeiend, duur, tydrowend en tap jou hulpbronne. Hulp van buite is daarvoor nodig, maar tot dusver het dit resultate gelewer. In November 2008 het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) -tribunaal ’n epogmakende uitspraak teen die Zimbabwiese regering se grondgrype gelewer. Alhoewel dit daartoe gelei het dat die tribunaal in 2012 deur die SAOG-beraad ontbind is (ná ’n proses waarin die Suid-Afrikaanse regering geen geringe rol gespeel het nie), is die uitspraak in die Suid-Afrikaanse reg geregistreer en is daar in September 2015 op Zimbabwiese eiendom in Kaapstad beslag gelê en is dit opgeveil om uitstaande regskoste te dek.

Vandeesweek is ’n verdere saak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor waarin die Suid-Afrikaanse regering se aanspreeklikheid getoets is vir verliese wat vanweë sy betrokkenheid by die ontbinding van die SAOG-tribunaal gely is. Uitspraak in dié saak is voorbehou.

Theo de Jager

Die konfrontasieroete, veral in die internasionale en regsarenas, leun swaar op Artikel 17 van die Universele Deklarasie van Menseregte, wat in Washington en Brussel meestal die debat oor hulp aan Zimbabwe dikteer. Tydens die Groenweek in Berlyn in Januarie vanjaar het ek ’n gesprek tussen ’n senior amptenaar van die Wêreldbank en wyle minister Perrance Shiri van Zimbabwe gefasiliteer waartydens die voorneme tot vergoeding, die inkoop van geaffekteerde boere en moontlike toegang tot ’n lening daarvoor bespreek is. Die amptenaar het gesê hy verteenwoordig ’n bank, nie ’n welsynorganisasie nie, en dat hulle kyk na die vermoë om terug te betaal, die baanrekord van terugbetaling van vorige skuld, en die huidige beleidsomgewing se vermoë om groei en welvaart teweeg te bring. Hy was skepties oor Zimbabwe se profiel op enige van daardie kriteria.

Die grootste enkele probleem met die Zimbabwiese vergoedingskikking is dat hulle nie die geld het om dit uit te voer nie, en nog nie weet waar om dit te kry nie. Die helfte van die $3,5 miljard is betaalbaar voor Julie 2021.

As Zimbabwiese grondhervorming nies, kry Suid-Afrika en Namibië ook verkoue.

As Zimbabwiese grondhervorming nies, kry Suid-Afrika en Namibië ook verkoue. Die beginsels wat in die Zimbabwiese vergoedingskikking geld, word ’n formaat vir die res van die streek, en daarom is dit vir elke Suid-Afrikaanse plaaseienaar belangrik om verwikkelinge aldaar dop te hou. Dit is belangrik om te kyk na hoe, waar, wat en wanneer vergoeding betaal word en waarom.

Net verbeteringe word uitbetaal, nie die grond nie, behalwe aan “inheemse Zimbabwiërs” en boere wat deur Bilaterale Beskerming van Beleggingsooreenkomste (BIPPA’s) gedek word (Suid-Afrikaners, Switsers, Hollanders, Duitsers, Dene en sewe ander). Dit gee aan buitelandse beleggers meer regte as aan Zimbabwiese burgers. Dit sê aan wit Zimbabwiërs dat hulle eintlik “nie van hier is nie”, en ken ’n tweedeklasburgerskap aan hulle toe.

Dit pypkan die Zimbabwiese staat se betrokkenheid en voordeel uit die totstandkoming van die “onaanvaarbare verspreiding van grondeienaarskap” deurdat hulle deurlopend eienaarskap in ’n aktekantoor geregistreer en oordragbelastings daarop gehef het.

Maar geen ongeregtigheid is ooit finaal nie.

Moet onteiende Zimbabwiese boere die skikkingsooreenkoms aangryp of nie? Hulle gemiddelde ouderdom is oor die 80 jaar. Hulle moet die vergoeding wat aangebied word vat en daardeur die deur oopmaak vir Zimbabwe om weer sy rol as ’n hoogs mededingende landbouprodusent te herstel. Hulle moet weer die vertoonvenster van die wêreld se beesvleis-, tabak-, katoen- en snyblombedrywe word, en die welvaart skep wat hulle land uit sy nypende armoede kan trek.

Hulle mag in die proses egter nie die konfrontasie-opsies afskeep nie!

  • Dr. Theo de Jager is die direksievoorsitter van Saai en president van die Wêreldlandbou-organisasie.

8 Comments

  1. 262137 353929Good day! This post could not be written any greater! Reading this post reminds me of my previous room mate! He always kept chatting about this. I will forward this write-up to him. Fairly certain he will have a great read. Thanks for sharing! 215951

  2. 932194 609088Youd superb suggestions there. I did a research about the concern and identified that likely almost anyone will agree along with your web page. 540878

  3. 479778 416420I identified your weblog internet site on google and check a couple of of your early posts. Proceed to preserve up the superb operate. I just additional up your RSS feed to my MSN Information Reader. In search of forward to reading extra from you later on! 174433

  4. 541951 478906great issues altogether, you merely gained a new reader. What could you recommend about your post that you made some days inside the past? Any positive? 1970

  5. 360524 646138I came across this excellent from you out of sheer luck and never feel lucky enough to say also credit you for any job well done. 624378

  6. 845559 938064I adore your wp style, wherever did you download it by means of? 459225

  7. 47224 104287Excellent day. Quite cool weblog!! Man .. Superb .. Remarkable .. Ill bookmark your internet site and take the feeds additionallyI am glad to locate numerous useful information proper here within the post. Thank you for sharing.. 916842

  8. 737747 2887Some times its a pain in the ass to read what weblog owners wrote but this internet website is rattling user friendly ! . 160689

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *