Woorde: René Lötter
Mockford Farms is die wenner van Landbouskrywers SA se Limpopo-streekstoekenning. Die boerdery is gebaseer naby Polokwane en behels verskeie, diverse, boerdery-ondernemings naby Haenertsburg, Mokopane en Bronkhorstspruit.
Mockford Farms is meestal bekend vir die gehalte varkgenetika wat hulle aan die bedryf lewer maar die familie het verskeie ander vertakkings ook: Stoet Bonsmara-kuddes, wild, kiwi’s en bloubessies. Hule is ook mede-eienaars van die Danbred franchise in Suid-Afrika. (‘n Top genetika-maatskappy in Denemarke)
The Flying Pig is die onderneming waar hulle varkvleis direk sowel as aanlyn aan verbruikers slag, verwerk, verpak en verkoop.

Shaun en Brad Mockford het op die varkplaas in Polokwane grootgeword waar hulle steeds saam met hul pa, Peter, boer.
Grond tot Mond het met Shaun gepraat oor hule varkboerdery wat benewens gehalte, ook bekend is vir meer empatiese behandeling van die diere. Die onderneming het ook unieke volhoubare metodes in plek.
“Om stresvrye varke te teel maak goeie sin vanuit ‘n ekonomiese oogpunt ook want dit verseker beter groei, beter produktiwiteit en minder probleme as gevolg van stres en siekte. Goeie bestuur kan tot ‘n groot mate optimum karkas-gewig verseker. Dit sluit in produksiebestuur, finansiele bestuur en bestuur van veesiektes.”
“Ons teelprogram fokus op goeie voedingombinasies wat soveel moontlik vleis lewer, sonder onnodige vet. Duroc vleis het ‘n goeie marmer-tekstuur en is dus sappiger,” verduidelik Mockford.
“‘n Geneties-superieure vark sal, selfs onder swakker klimaats-omstandighede, beter vaar as ‘n genetiese minderwaardige vark.”
Mockford Farms voer gereeld gevriesde semen in van DanBred en dit is die basis van hul program. Semen word van drie lyne ingevoer: Landrace, Large White en Duroc. “Gereelde invoere van die hoogste indeks varke in Denemarke is die dryfkrag agter ons teelprogram”.
Die plaas het 2000 sôe en 64 varke, met ‘n bykomende 50 bykomende varke in die KI-stasie. Deur KI kan een beer se semen op 16 – 20 sôe gelyktydig gebruik word. Die sôe behou ‘n produktiwiteit van 30 varkies wat per sog per jaar gespeen word. Hulle slag die diere op ongeveer 150 dae, of 21,5 weke, wanneer die karkasse op 85 kg is. “Ons kry ‘n groeikoers van ongeveer 1000g/vark/dag.”



“Menslike” behandeling van julle varke:
“Ons stel ons varke eerste. Ja, ons weet die einde is wreed. Maar terwyl hulle leef word hulle bederf met akkomodasie en omgewing. Sommige van hulle het selfs speelgoed!”
Die boerdery is ernstig oor volhoubaarheid en die omgewing:
Die boerdery is ernstig oor volhoubaarheid en het in 2021 met ‘n sonkrag-aanleg begin.
Wild en beeste:
Daar word seker gemaak dat kuddes nie die kapasiteit van die natuurlike omgewing uitput nie en om wildgetalle te beheer word jag toegelaat.
Water- en lugbesoedeling:
Soliede materiaal uit afloopwater van die varkboerdery word geskei. Die afval kan as kunsmis dien in landerye. Daar word seker gemaak dat die grond en grondwater nie besoedel word nie. Lugbesoedeling en die reuke wat uit die boerdery kom word beheer deur korrekte ontwerp en bestuur.
Aasvoël-restaurante:
Gifvrye karkasse word hier gelos en bied aan boere ‘n koste-effektiewe manier om van karkasse ontslae te raak. Aasvoëls word o.a bedreig deur chemiese middels en medikasie wat aan bokke en beeste gevoer word. Die Mockfords het ‘n veilige area gebou met ‘n “eenrigting” venster sodat die voëls dopgehou kan word sonder dat hulle mense sien, sodat besoekers meer oor hulle ekologiese rol kan leer.


Mockford Farms | www.theflyingpig.co.za | Siliconstraat 85, Ladine, Polokwane | +27 15 065 0394 | orders@theflyingpig.co.za
Landbouskrywers SA Noord het verlede week sy jaarlikse prysuitdeling in Pretoria gehou en die streekstoekennings aan 7 boerderye oorhandig:
Die wenners in die verskillende kategorieë en provinsies is:
Landboukundige van die Jaar Mpumalanga – Pieter Bruwer
Landboukundige van die Jaar Noordwes – Martiens du Plessis
Landboukundige van die Jaar Gauteng – Rick Kleyn
Boer van die Jaar KwaZulu-Natal – ALS Groep
Boer van die Jaar Mpumalanga – Danie Bester
Boer van die Jaar Limpopo – Mockford Farming
Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou Gauteng – Kobela Mokgohloa
Nog stories van Grond tot Mond:





540007 49457I feel other website proprietors need to take this web site as an model, quite clean and excellent user friendly style and design, as effectively as the content. Youre an expert in this topic! 41340
351425 766053Jane wanted to know though your girl could certain, the cost I merely informed her she had to hang about until the young woman seemed to be to old enough. But the truth is, in which does not get your girlfriend to counteract utilizing picking out her extremely own incorrect body art terribly your lady are generally like me. Citty design 447045
520090 642977I saw a lot of site but I believe this 1 has got something special in it in it 327970
550356 165675I surely didnt realize that. Learnt a thing new today! Thanks for that. 124655
571099 363161I dont think Ive read anything like this before. So excellent to find somebody with some original thoughts on this topic. thank for starting this up. This website is something that is required on the web, someone with slightly originality. Great job for bringing something new to the internet! 7120
87414 135751I discovered your weblog site on google and appearance several of your early posts. Maintain up the exceptional operate. I simply extra the RSS feed to my MSN News Reader. Looking for forward to reading a lot more on your part later on! 386498
461075 949345We will offer deal reviews, deal coaching, and follow up to ensure you win the deals you cant afford to shed. 646578
736643 801104The next time Someone said a weblog, I hope that it doesnt disappoint me just as considerably as this. Come on, man, I know it was my choice to read, but When i thought youd have some thing intriguing to say. All I hear is truly a handful of whining about something you can fix in the event you werent too busy searching for attention. 135990