Year: 2024

Pomp-skenking bring nuwe lewe aan Nama Khoi se waterinfrastruktuur

‘n Samewerking tussen die privaatsektor, inwoners, maatskappye, en die Nama Khoi Munisipaliteit het gehelp om water aan dele van die Nama Khoi gebied te herstel. In reaksie op verouderde infrastruktuur, klimaatsuitdagings en begrotingsdruk, het die plaaslike pompverskaffer, KSB Pumps and Valves, ‘n belangrike rol gespeel deur ‘n Etanorm-pomp aan die munisipaliteit te skenk. Die pomp, bekend vir sy doeltreffendheid en betroubaarheid, het die waterpompstasie weer aan die gang gekry en sodoende die watertekorte in die gemeenskap verlig.  Volgens Andre Jonker, bestuurder van KSB se Upington-tak, het die skenking deel gevorm van ’n samewerkende poging om die Overberg se drinkwaterpompstasie te herstel ná ‘n pompbreuk. Die enigste oorblywende pomp kon nie op volle kapasiteit werk nie, wat lei tot wydverspreide watertekorte. Die herstelwerk het die doeltreffendheid van openbare-private vennootskappe beklemtoon, met verskeie ondernemings wat bygedra het tot die herstelwerk sonder enige koste. Die burgemeester, Rodney Kritzinger, het sy opregte dank uitgespreek teenoor alle rolspelers, wat die munisipaliteit byna R1 miljoen bespaar het. Hy het spesiale erkenning gegee aan Novatec, Copper 360, Springbok Motor Rewinds, en KSB …

Sal jy R40 betaal vir een aarbei?

Luukse vrugte, wat voorheen slegs in Asiese markte te vinde was, het nou ook in die VSA ‘n voet in die deur gekry danksy sosiale media-influencers wat betaal word om hierdie eksklusiewe happies op TikTok te bemark, terwyl eksklusiewe deli’s en winkels soos Whole Foods Market nou duur vrugte op hul rakke vertoon.

Meningstuk: Wanneer plase brand

Rampe kan familieboerderye wat geslagte lank al gevestig is, in ’n oogwink vernietig. Haelstorms, droogte, vloede, intense koue en brande kan verwoestende gevolge vir vrugte-, graan- of groente-oeste, of vir vee hê, en veroorsaak dat so ’n boerdery ’n knak en ’n gesin hulle woning, grond en lewensbestaan verloor.

Morne Coetzer wen Vrystaat se Lamb Champs 2024 met sy Meatmaster-skaap

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai) is opgewonde om die wenners van die Lamb Champs Reitz 2024-kompetisie aan te kondig, waar die beste lamsvleis in die Vrystaat ten toon gestel en gevier is. Hierdie geleentheid, wat by die Bielie Mielie Feesgronde in Reitz gehou is, het 37 plaaslike boere meegeding om te bepaal wie die lekkerste lam in die streek het.