Veediefstal in Suid-Afrika bly ’n reuse probleem. Dit het ’n enorme effek op veeprodusente se volhoubaarheid en hul vermoë om winsgewend te boer. Die gevolge is só omvattend dat heelwat boere al heeltemal tou opgegooi het.

Die nuutste veediefstalstatistieke is in Mei deur die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum vrygestel. Daarin blyk dit dat die aantal sake wat aangemeld word, op een provinsie na, al hoe minder raak. Verskeie redes kan hiervoor aangevoer word. Die grootste rede is sekerlik dat boere nie meer so geneë is om die moeite te doen om diefstal aan te meld nie, omdat hulle voel dit is ’n mors van tyd, energie en geld aangesien baie min van die sake in suksesvolle vervolgings eindig.
Dit wil egter ook voorkom, as daar gekyk word na die verslag, asof die aantal diere wat in Suid-Afrika gesteel word, afgeneem het in die tydperk 1 Januarie 2025 tot 31 Maart 2025 teenoor die ooreenstemmende tyd in 2024. Dit sluit data vir beeste, skape, bokke en perde in. Die vraag is egter of dit ’n werklike weerspieëling is, of of ander faktore dalk ’n rol speel?
In 2024 is 13 427 beeste aangemeld as gesteel teenoor die 12 070 in 2025. Altesaam 22 485 gesteelde skape is in 2024 aangemeld, met ’n afname tot 19 058 vanjaar. Dit is slegs die aangemelde diefstalgetalle.
Daarteenoor is egter net 3 036 beeste vanjaar teruggevind teenoor die 3 238 verlede jaar vir dieselfde drie maande van die jaar. Vanjaar is 3 029 skape teruggevind teenoor die 3 130 verlede jaar.
BOERE WORD AANGEMOEDIG OM VEEDIEFSTAL TE RAPPORTEER
Coert Jordaan, voorsitter van die landelike beveiligingskomitee van Agri Oos-Kaap, sê hulle het opnuut ’n projek van stapel gestuur om boere aan te moedig om diefstal van vee onmiddellik by hul plaaslike polisiekantore aan te meld.
“Dit is nie maklik om produ- sente te oorreedom dit te doen nie, want die hoeveelheid skuldigbevindings in die hof is bitter min.
“Dit is nie maklik om produsente te oorreed om dit te doen nie, want die hoeveelheid skuldigbevindings in die hof is bitter min. Dit maak boere moedeloos en negatief, en daarom verkies hulle om nie verder moeite te doen met die aanmelding van diefstal nie. Diefstalsake is ’n geweldige frustrerende situasie. Dit is veral die Nasionale Vervolgingsgesag wat eenvoudig nie na die tafel toe kom nie. Ons kan ook nie altyd vir die polisie die skuld gee nie. Ja, daar is in sommige gebiede traagheid om sake op te volg en op te los, maar ons sukkel veral met justisie. Ongelukkig is dit ook so dat kundigheid dikwels in baie sake ontbreek. Dit kom voor in sake wat ondersoek moet word tot waar die beskuldigde in die hof verskyn. Té veel kere word sake uitgegooi. Ons benodig ’n aanklaer wat sake behoorlik ondersoek tot waar verdagtes voor die hof gebring moet word. Ons benodig toegewyde aanklaers.”
Jordaan vertel van ’n geval waar sewe beeste by Cathcart gesteel is. Die polisie kon dit nie dadelik opvolg toe dit aangemeld is nie, want soos so dikwels gebeur, was daar glo nie ’n voertuig beskikbaar nie.
’n Sekuriteitsmaatskappy het toe ingegryp om te help en die verdagtes is naby Transkei vasgetrek. Toe die klomp in die hof verskyn, het die aanklaer egter die saak laat vaar omdat die verdagtes nie in hegtenis geneem is terwyl hulle in besit van die gesteelde goedere was nie, al het alle aanduidings daarop gedui dat hulle wel die diere gesteel het.
In die eerste kwartaal van vanjaar is vee ter waarde van reeds R150 miljoen in die Oos-Kaap gesteel.
Sindikate steel op bestelling en weet daar is geen gevolge vir hul skelmstreke nie. Beamptes van veediefstaleenhede wil ook nie meer sake voorlê nie. In die eerste kwartaal van vanjaar is vee ter waarde van reeds R150 miljoen in die Oos-Kaap gesteel.
“Die kool is net nie meer die sous werd nie!” sê Jordaan.
Tans word die gemiddelde waarde van ’n bees op R15 000 bereken, ’n bok op R5 000 en ’n skaap op R4 000.
Vanaf 1 Januarie tot 31 Maart vanjaar is daar slegs 134 skuldigbevindings behaal, teenoor 200 in dieselfde tydperk verlede jaar.

BOERE WERK HARD SAAM OM POLISIE TE HELP
Attie Jansen, ’n boer van Ulco in die Noord-Kaap, vertel dat 32 Savanna-bokramme in Mei vanjaar op sy plaas gesteel is.
“Ons boere werk baie hard saam en poog om dit ook vir polisiebeamptes makliker te maak, maar dit bly ’n onbegonne taak. Ons het die diefstal onmiddellik gerapporteer. Die bokke slaap in ’n kamp reg voor die huis. Ek is dikwels vir een of twee aande in die stad. Die bokke is gesteel toe ek nie daar was nie. Toe my werker my die oggend vroeg laat weet, het ek dit dadelik aangemeld. Eers ’n paar dae later het die polisie gebel om te hoor of hulle my kon kom sien. Daardie spesifieke dag was ek nie beskikbaar nie en hulle sou die volgende dag kom. Ek wag steeds!”
Die Ghaap Boerevereniging het reeds ’n paar jaar gelede saam met sy lede kameras op sommige van die hoofgrondpaaie in die omgewing aangebring.
“Dit is baie duur, en hoewel ons boere maandeliks bydraes maak, moet die kameras onderhou word. Die eerste kameras kon byvoorbeeld nie registrasienommers optel nie, maar die huidige modelle kan wel – net nie so duidelik snags nie. Gevorderde tegnologie-kameras kos duisende rande en moet elke vyf tot sewe jaar vervang word.”
VEEDIEFSTALEENHEDE SE KAPASITEIT IS ONDER DRUK
Joe Scholtz van Griekwastad, voorsitter van die landelike veiligheid- en veediefstalkomitee in die Noord-Kaap en ondervoorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum van die RPO (Rooivleisprodusente-organisasie), sê boere in die Noord-Kaap staar unieke uitdagings in die gesig wanneer dit by veediefstal kom.
“Die provinsie is uitgestrek en dorpe is ver van mekaar af geleë, wat ’n groot invloed het op hoe vinnig polisiebeamptes by plase kan uitkom waar veediefstal plaasgevind het,” verduidelik hy.
Statistiek, sê hy, vertel selde die volle verhaal. “Slegs sowat 50% van alle veediefstalgevalle word aangemeld.”
Hy voeg by dat boere ook hul verantwoordelikheid moet nakom.
“Ongelukkig voldoen baie nie aan die wetlike vereistes vir vee-identifikasie nie, soos brand- of tatoeëermerke. Dit bly ’n groot probleem. Almal is gefrustreerd oor die gebrek aan inhegtenisnemings en suksesvolle vervolgings, maar boere moet ook hul deel doen, soos om veeregisters noukeurig by te hou, sodat dit vir die owerhede makliker is om op te tree.”
Scholtz sê die feit dat hofsake so lank neem om afgehandel te word, ontmoedig boere om diefstalsake aan te meld.
“Boere moet keer op keer in die hof verskyn net om te hoor dat die saak weer uitgestel is. Dit kos geld, en hulle kan nie al hul tyd in hofsale deurbring nie. Daarom is boere dikwels geneig om buite die hof tot ’n skikking te kom,” sê hy.
“Hierdie eenhede moet boon- op ook ondersoek instel na diefstal van skaars a-spesies en wildsoorte soos renosters en buffels, iets wat hul kapasiteit om op veedief-stal te fokus, verder beperk,”
Sake word ook dikwels van die rol geskrap as die boer nie in die hof opdaag nie.
“Die skelms weet dit, en dit maak dit vir hulle soveel makliker om aan te hou steel – hulle weet hulle kom daarmee weg.”
Die Noord-Kaap beskik tans oor sewe veediefstaleenhede, wat volgens Scholtz eenvoudig nie genoeg is om hierdie uitgestrekte provinsie te dek nie. ’n Agtste eenheid is egter in die beplanningsfase.
“Hierdie eenhede moet boonop ook ondersoek instel na diefstal van skaars vetplantspesies en wildsoorte soos renosters en buffels, iets wat hul kapasiteit om op veediefstal te fokus, verder beperk,” sê hy.

Voorgestelde regulasies oor diere-identifikasie, wat op 4 April 2025 in die Staatskoerant gepubliseer is, het wyd reaksie ontlok. Volgens ’n verklaring deur die RPO is die voorstelle tot wysiging van die Wet op Diereverbetering, 1998 (Wet 62 van 1998), met groot skeptisisme begroet. Die grootste teenkanting spruit uit die praktiese uitvoerbaarheid van die voorstelle en die feit dat dit op die “verkeerde wet” toegepas word.
Dr. Pierre van Rooyen, voormalige uitvoerende hoof van Stamboek SA, sê die Diereverbeteringswet is uitsluitlik van toepassing op die stoetbedryf in Suid-Afrika, en nie op die identifikasie van kommersiële diere nie.
“Regulasies rakende die identifikasie en beheer van diere behoort eerder onder die Wet op Diere-identifikasie te ressorteer.”
Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die RPO, het ernstige twyfel oor die haalbaarheid van die voorgestelde regulasies.
“Dit maak min sin vanuit ’n kommersiële oogpunt. Wie gaan al die diere in die uitgestrekte kommunale gebiede van die land merk, en wie gaan daarvoor betaal?” vra hy.
TALLE FAKTORE KNIEHALTER DOELTREFFENDE OPSPORING
Volgens Scholtz is die meeste kamerastelsels nie direk met polisiekantore verbind nie, maar eerder met beheerkamers waar iemand die beeldmateriaal dophou. Wanneer iets verdags opgemerk word, word die inligting aan die polisie deurgegee.
“Ons het wel goeie verhoudings met die veediefstaleenhede,” sê hy.
Opsporingstelsels soos GPS-halsbande en mikromerking is baie effektief, maar hul sukses hang grotendeels af van goeie selfoonontvangs. “As die sein swak is, help selfs die duurste toerusting jou niks,”
Opsporingstelsels soos GPS-halsbande en mikromerking is baie effektief, maar hul sukses hang grotendeels af van goeie selfoonontvangs.
“As die sein swak is, help selfs die duurste toerusting jou niks,” waarsku hy.
Die skandeerders vir mikrogemerkte vee is ook baie duur, sowat R30 000 elk, en dus nie bekostigbaar vir baie van die nuwe generasie boere nie. RFID-oorplaatjies (radiofrekwensie-identifikasie) kos tussen R25 en R28 per stuk, wat ’n enorme uitgawe beteken vir boere in kommunale gebiede wat reeds onder groot finansiële druk boer.

Praktiese wenke vir voorkoming van veediefstal volgens riglyne van Farmers Weekly en die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, kan produsente die volgende doen:
- Hou akkurate identifikasie- en bewegingsrekords van diere.
- Merk diere duidelik met oormerke of brandmerke.
- Gebruik veilige krale, veral vir jong diere.
- Laat diere nie oornag naby paaie wei nie.
- Gebruik wagters of patrollies in afgeleë gebiede.
- Doen gereeld telling en kontroleer vir vermiste diere.
- Deel verdagte aktiwiteite met bure en die polisie.
- Sluit aan by plaaswagte of buurtveiligheidsgroepe.
- Belê waar moontlik in basiese sekuriteitstegnologie.

HOU JOU VEE DOP – SELFS VAN DIE HUIS AF!
Die UltraHD Mini Solar PTZ 4G-kamera van Agrisol is spesiaal ontwerp vir landbougebruik met sonkrag, 360°-hoek, bewegingopsporing en regstreekse videotoegang via jou selfoon. Hierdie slim kamera werk met ’n SIM-kaart en vereis geen WiFi nie, ideaal vir afgeleë plaasgebiede. Dis ’n betroubare veiligheidsoplossing vir produsente wat hul vee en toegangspaaie doeltreffend wil monitor.
Besoek www.agrisolsec.co.za vir meer inligting.


212351 335087Thanks for this excellent. I was wondering whether you were preparing of writing comparable posts to this one. .Keep up the outstanding articles! 356747
563348 848004I dont think Ive read anything like this before. So great to discover somebody with some original thoughts on this topic. thank for starting this up. This website is something that is needed on the web, someone with slightly originality. Excellent job for bringing something new to the internet! 465768
209966 847107Youd outstanding guidelines there. I did a search about the field and identified that very likely the majority will agree together with your internet page. 810037