Verbruikers kies steeds rooivleis – ten spyte van pryse
Ten spyte van ekonomiese druk en hoë insetkoste toon Suid-Afrika se rooivleisbedryf ’n merkwaardige mate van aanpasbaarheid en groei. Volgens die nuutste verslag van die Rooivleisbedryfsforum (RMIS) vir Julie 2025, is daar verskeie sleuteltendense wat die bedryf se dinamika vorm en die pad vorentoe aandui.








