Month: January 2026

2025 se Nasionale Meestersuiwelboere melk dat die skuim spat

Vanjaar se wenners van die Landbou-navorsingsraad (LNR) se 2025 Nasionale Meestersuiwelboer-toekennings hoef geen tree terug te staan vir vorige jare se wenners nie. Hulle is elkeen uitstaande in die afdeling waarin hulle met ander melkboere meegeding het. Hierdie kompetisie van die LNR is jaarliks ‘n hoogtepunt op Suid-Afrika se landbou-kalender waar erkenning gegee word aan uitstaande prestasie deur die land se top-suiwelboere. Die kriteria van die kompetisie fokus veral op die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasie-toetsing as instrumente.

Francois Rossouw bekroon as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar!

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei is pas aangewys as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar. Francois boer saam met sy familie op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei op sowat 400 ha produksiegrond, waar hulle spesialiseer in ’n verskeidenheid tafeldruifkultivars. As jong boer wat verantwoordelik is vir alle fasette van die helfte van hul onderneming se produksiepraktyke, rus daar ’n reuse-verantwoordelikheid op sy skouers.

Woodlands Dairy koop Ladismith Cheese: Wat beteken dit vir suiwelboere?

Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf staan op die voor-aand van ’n groot strukturele skuif. Woodlands Dairy Group het aangekondig dat hulle die Ladismith Cheese Company en sy filiale gaan verkry, ’n trans-aksie wat die groep se geografiese voetspoor én sy vermoë om roumelk te verwerk, verbreed. Volgens die amptelike aankondiging sluit die oorname ook Ladismith Powder Company en Mooivallei Suiwel in, wat die groep se produkmandjie aansienlik uitbrei.

Soet herstel vir Suid Afrikaanse rosyne

Na ’n paar moeilike seisoene begin die Suid Afrikaanse rosynbedryf duidelike herstel toon. Die 2024/25 oes behoort sowat 100 000 ton te bereik, ’n belangrike hupstoot vir een van die land se sterkste maar stil uitvoerbedrywe. Die wêreldvraag na gesonde, natuurlike peuselhappies groei steeds en plaaslike rosyne bly gewild vir hul gehalte, grootte en kenmerkende smaak.