All posts tagged: Wes-Kaap

Nuwe organisasie vir landboustudente op Stellenbosch

Stellenbosch Landbou, ’n onafhanklike studenteorganisasie, is vandag by La Boucher op die Slaley Wynlandgoed bekendgestel. Studente van die Universiteit van Stellenbosch, Elsenburg-landboukollege en omliggende tersiêre instellings wat belangstel in landbou, die platteland en familiegebaseerde ondernemings kan aansluit by Stellenbosch Landbou. Die organisasie sal inskakel by die familieboerenetwerk Saai se studentevleuel, waar verskeie ander studentestrukture soos dié in Pretoria en Bloemfontein ook inskakel. Buiten die skakeling tussen hierdie studenteorganisasies word daar beding vir studiegeleenthede in die buiteland, beurse, werksgeleenthede en sosiale interaksies wat vry is van die erg regulatoriese omgewing van staats instellings. ’n Bus vol Stellenbosch-studente het reeds verlede week, as gaste van Graan-SA, Kaap Nampo bygewoon om met borge, hoë-tegnologie maatskappye en bio-tegnologie navorsers te skakel.  “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente…” “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente, wat buite die struktuur en finansieringssambreel van die universiteit of landboukollege staan. Beide die sosiale aktiwiteite en landbou-inhoud van skakel-aksies het ’n landelike fokus, en is daarop afgestem om ’n ryker studente-ervaring te skep,” sê Meent Borcherds, die voorsitter van Stellenbosch …

Vergenoegd Löw’s back to the future wine growing

Vergenoegd Löw, the low-lying Stellenbosch estate a pebble’s throw from the sea, is maximising the advantage of its location by working with, rather than against nature. According to MD Corius Visser, this entails an increasing focus on regenerative agriculture to build soil health and biodiversity, and to enhance the climate-resilience and fruit quality of its new-generation vines.

Swartlandskou Moorreesburg vier 90 jaar met skou vir die hele gesin

In die hartjie van die Swartland vier die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap vanjaar sy 90ste bestaansjaar met ‘n program vir die hele gesin. Swartlandskou Moorreesburg sal van Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 die beste uit dié geweste aan 20 000 besoekers bekendstel. Die skou, met Afgri as ankerborg, is bekend vir top perde, beeste, skape en pluimvee, asook ‘n masjienerie-uitstalling van R230 miljoen.

Farmer Angus Wines: Spier Launches New Organic Wines Rooted in Regeneration

Spier Wine Farm is proud to introduce its new flagship organic wine range, Farmer Angus. This collection is the fruit of a shared journey between the farm’s award winning winemaking team and Angus McIntosh, a passionate champion of regenerative agriculture who not only calls Spier his home but is also renowned for his commitment to ethically farmed of meat, chicken, and pork.

Die pad na sukses: Twee wenboere se reis na erkenning en uitnemendheid

eringe prestasie nie. Hierdie toekenning word al die afgelope 22 jaar aan die land se voorste graanboer toegeken uit erkenning vir die bydrae wat hy, of sy, gemaak het om die plaaslike graanbedryf uit te bou. Die toekening word gegee aan die graanprodusent wat die doeltreffendste boerderypraktyke toepas, maar wat ook buite die landbou presteer.

Roulou Feta

Roulou Feta verteenwoordig bykans tien present van die land se fetaproduksie en kompeteer met die groot suiwelhandelsname, maar dis ’n klein, hegte span wat daagliks hier die melk verwerk tot uithaler-kaas. In 2021 het hul swartpeper-feta ’n goue medalje by The Aurora International Taste Challenge 2021 gewen.