Woorde: Jacques van Zyl Fotografie: Michel Dei-Cont
Dis eers wanneer ek my gordyne ooptrek by die Red Sands Country Lodge voor my stoepdeur en twee takbokke onder die blinkblaar-wag-ʼn-bietjie sien wei, dat ek besef waarom daar mak damherte rondloop by die plaas. Soos die enorme Schweinehaxe van die vorige aand, die Schnitzels en die Poolse Wodka-likeur wat Richard na ons tafel toe gebring het, is dit van die min herinneringe aan ʼn byna-vergete Oostenryk wat die Kaufmanns nog het.
“Julle kan sommer so resep neerskryf soos ek kook,” sê Richard, wat vertel dat sy ma voor haar aftrede die plaas se administrasie behartig het, en dat die Kaufmann-mans eerder die kokke is.
Hy giet bietjie olie in ʼn vuurwarm pan op ʼn gasvlam en skroei twee bloedrooi, skoongesnyde rooibok-filette vinnig in die olie tot bruin aan die buitekant.
Dan, af van die vuur, sprinkel hy sout, ʼn bietjie vleisspeserye en ʼn hele klompie varsgemaalde swart peper oor die vleis.

Terug op die vuur, word ʼn goeie dop vyf jaar oue KWV-brandewyn in die pan gegiet. Almal deins terug as die wind skielik opkom en die gasvlam die brandewyn laat opvlam in ʼn vuurbal amper so groot soos die trollie.
“Wow! You singed my eyebrows there,” lag Michel, die fotograaf.
As die vlam gaan lê, word ʼn goeie driekwartkoppie vars room ingegiet en saam met die gekaramelliseerde vleissap en die vleis in die pan reduseer tot die vleis die regte graad van gaarheid bereik – in ons geval halfrou.

Richard sny die vleis in skyfies en rangskik hulle in ʼn bord bo-op die roomsous-reduksie uit die pan. Die vleis is nog rooi in die middel en lyk besonder treffend langs die gesprinkelde paprika op die bord se rand.
Dis vars, sag en heerlik; die geur van impala word perfek gekomplementeer deur die vrugte-in-houtsmaak van die brandewyn en die aromatiese peperkorrels in die ryk sous.
Guten Appetit!

Resep: Red Sands Country Lodge | www.redsands.co.za


132713 328847IE nonetheless is the market leader and a big portion of people will miss your fantastic writing because of this problem. 223316
838080 583573forty folks that work with all of the services Oasis provides, and he is a extremely busy man, he 920697
633081 307235I truly appreciated this amazing blog. Make sure you maintain up the good function. All of the very best !!!! 634166
680661 657339Be the precise blog in case you have wants to learn about this subject. You comprehend considerably its nearly onerous to argue to you (not that I personally would needHaHa). You undoubtedly put a new spin for a subject thats been discussing for some time. Good stuff, merely nice! 977052