News, Uncategorized
Leave a comment

Plaasaanvalle, veediefstal en onwettige jag: Suid-Afrika se misdaadkrisis in die platteland word onderskat

Die mees onlangse insidentvergelykings vergadering het weereens bewys dat die werklike omvang van misdaad op plase en in landelike gebiede ernstig onderskat word veral omdat baie voorvalle nie by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld word nie.

’n Vergelyking tussen statistieke van eksterne belanghebbendes en SAPD se databasis toon skokkende afwykings:

  • Slegs 50% van alle veediefstal-insidente wat deur georganiseerde strukture aangemeld is, is op SAPD se datastelsel opgeteken.
  • Slegs 15% van alle onwettige jag-insidente, veral dié waar honde gebruik word, is amptelik geregistreer.
  • In die tydperk van Januarie tot Mei 2025 is reeds 72 plaasaanvalle en 10 plaasmoorde aangemeld, wat ’n styging toon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

Hierdie verskille dui op ’n bitter min misdaad word geraporteer in landelike gebiede, wat daartoe lei dat misdaadtendense verkeerd geïnterpreteer word en dat hulpbronne nie toegeken word waar dit nodig is nie.

In die tydperk van Januarie tot Mei 2025 is reeds 72 plaasaanvalle en 10 plaasmoorde aangemeld, wat ’n styging toon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

Saai doen ’n dringende beroep op alle boere, grondgebruikers en landelike gemeenskappe om elke misdaadvoorval by SAPD aan te meld, ongeag hoe klein dit mag lyk. Dit sluit in:

  • Plaasaanvalle of -moorde
  • Onwettige jag met honde of ander middele
  • Veediefstal, wilddiefstal en stropery
  • Onwettige betreding van eiendom
  • Kabeldiefstal, sonpanele, waterpompe, gereedskap en enige toerusting wat noodsaaklik is vir plaasbedrywighede

Daar is toenemende kommer dat die gebrek aan amptelike saaknommers nie net ondersoeke belemmer nie, maar ook die vermoë van die staat om misdaad in landelike gebiede effektief te bestuur, ondermyn. Misdaad wat nie amptelik bestaan nie, word nie ondersoek of teen opgetree nie.

Daar is toenemende kommer dat die gebrek aan amptelike saaknommers nie net ondersoeke belemmer nie, maar ook die vermoë van die staat om misdaad in landelike gebiede effektief te bestuur, ondermyn.

Saai is tans aktief betrokke by eksterne werksgroepe saam met SAPD om te verseker dat die definisies en klassifikasies van landelike gebiede, plaasaanvalle en verwante misdade volledig en inklusief is.

As deel van hierdie werk het Saai ’n omvattende dokument by SAPD ingedien wat spesifiek aandag gee aan:

  • Wat as ’n “landelike gebied” beskou moet word
  • Die insluiting van kleinhoewes, kommunaal bewerkte grond, wildsplase en nedersettings
  • Die korrekte erkenning van slagoffers: boere, plaaswerkers, inwoners, besoekers en diensverskaffers
  • Die belangrikheid van ekonomiese sabotasie, infrastruktuurvernietiging en diefstal as elemente van plaasmisdaad

Hierdie bydrae is ’n poging om die statistieke, prioritisering en hulpbronallokasie van SAPD op grondvlak meer realisties en doelgerig te maak.

Saai sal voortgaan om hierdie saak op nasionale vlak te prioritiseer, in vennootskap met ander rolspelers in die landbousektor. Die organisasie sien dit as ’n kernverantwoordelikheid om familieboere en landelike gemeenskappe by te staan in hul reg op veiligheid, geregtigheid en volhoubare voedsel produksie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *