Author: Media Statement

Grootste nóg SA Suiwelkampioenskappe lok bedryf se bestes

Die 2026 SA Suiwelkampioenskappe trek hierdie week die suiwelbedryf se voorste rolspelers na Eensgezind buite Durbanville, en vanjaar is dit groter as ooit. Rekordgetalle vir inskrywings, produsente, beoordelaars en vennote getuig van ’n bedryf wat, ten spyte van uitdagings, steeds op gehalte ingestel bly. Met altesaam 1 227 produkte, 81 produsente, 130 beoordelaars en 20 vennote word nuwe rekords oor die hele linie opgestel. Dit bevestig weer die omvang van die kampioenskappe, wat reeds vir byna twee eeue as ’n belangrike maatstaf vir uitnemendheid in die suiwelbedryf dien. Groter as ooit tevore “Dit is deur die bank die hoogste getalle wat ons nog gesien het,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, wat die kampioenskappe reeds sedert 1834 aanbied. Volgens hom wys die volgehoue deelname dat produsente steeds groot waarde in die platform sien. “Die bedryf het uitdagings, maar die volgehoue fokus op gehalte op hierdie vlak wys die vertroue wat produsente steeds in Agri-Expo en hierdie platform het,” sê hy. Die beoordeling het Woensdag 25 Maart met melk en roomys afgeskop, gevolg deur kaas en …

Graan SA Kongres 2026: Boere kan nie nóg druk absorbeer nie

Die 2026 Graan SA Kongres het op 11 en 12 Maart by NAMPO Park in Bothaville plaasgevind, waar produsente, landboukundiges, bedryfsrolspelers en beleidmakers saamgesels het oor die toenemende druk op graanboerdery. Die groot boodskap uit die kongres was duidelik: Suid-Afrikaanse graanboere bly veerkragtig en innoverend, maar die gaping tussen produksiekoste en inkomste raak al moeiliker om te oorbrug.

Nuwe leiding by Pannar Seed: wat lê voor?

Pannar Seed het onlangs die aanstelling van Lukas Meyer as nuwe besigheidsbestuurder aangekondig. Meyer neem die leisels oor by John Odendaal, wat aan die einde van April aftree ná ’n lang en invloedryke loopbaan by Pannar. Met meer as twee dekades se ervaring in die saad en gewasbeskermingsbedryf bring Meyer ’n kombinasie van tegniese kennis en kommersiële leierskap na sy nuwe rol, ’n mengsel wat toenemend noodsaaklik raak in ’n landbou-omgewing waar data, genetika en markrealiteite al hoe nouer verweef raak.

Bek en klouseer brei uit na varkbedryf

Bek en klouseer bly ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se veebedryf, en volgens SAPPO het verskeie varkeenhede die afgelope maande swaar getref. Hoewel die siekte reeds wydverspreid onder beeste voorkom, is dit nou ook in verskeie varkkuddes bevestig, selfs by produsente met goeie biosekuriteit. Dit dui daarop dat indirekte of omgewingsbesmetting moontlik ’n rol speel, eerder as duidelike biosekuriteitsfoute.