Author: Staff Reporter

Dieregesondheid in gevaar namate OBP wankel

Die jongste jaarverslag van Onderstepoort Biological Products (OBP) vir 2024/25, wat pas aan die parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou voorgelê is, lees soos ’n noodsein vir Suid-Afrika se dieregesondheidstelsel. Dit bevestig wat boere lankal vermoed: die land se enigste staatsvervaardiger van entstowwe is in ’n ernstige toestand – en die gevolge lê swaar op plaashekke regoor die land.

Wanneer geslagte saam vleis werk word dit meer as net kos

Daar is iets besonders aan die tradisie van vleisverwerking ná ’n jagtog – iets wat van geslag tot geslag oorgedra word. Wanneer oupa se mes geslyp word en ouma se resepteboekie weer oopgemaak word, raak dit nie net ’n proses van biltong, droëwors en pasteie maak nie, maar ’n geleentheid waar familie saamkom, herinneringe deel en hande vat rondom iets wat veel meer is as net kos.

Grond tot Mond is Suid Afrika se wydste verspreide ABC-geouditeerde landboutydskrif.

Met onafhanklike ABC-verifikasie weet jy jou storie of advertensie bereik werklik die boer. Die gedrukte tydskrif word landwyd by meer as 130 landbouwinkels versprei – direk in die hande van produsente. Wat adverteerders en lesers sê: “Ons kliënte geniet die tydskrif baie en vra gereeld dat ons ’n kopie vir hulle eenkant hou.”Rinka, NWK Retail “Ons het definitief meer navrae en baie oproepe oor ons kompos gekry.”Marietjie Kruger, Chanmar sampioene en kunsmis “Thank you for the story. I got a lot of traction with the article.”Andile Matukane, Farmers Choice “Klante vra dadelik vir die tydskrif as hulle dit nie sien nie, en hulle geniet dit veral wanneer boere uit hulle omgewing in die uitgawe verskyn.”Overberg Agri, Uitenhage Grond tot Mond is ’n volledige kommunikasie-landbouplatform: Reklametariefe en Inhoudstariewe: Tydskrif (gedruk): Tydskrif (digitaal): Sosiale media: Jou storie pakkette (Native 360): Kompakte 360-pakket: Volblad-advertensie + 450-woord artikel + 300 × 300 px nuusbrief- of webwerfbanier + sosiale pos wat 20 000 mense bereik – R17 000 Kontak ons vandag om meer uit te vind: adverteer@grondtotmond.co.za

Sauvignon Blanc SA se nuwe hoof: Elunda Basson neem die leisels oor

Op Internasionale Vrouedag (8 Maart 2025) vier ons vooruitgang en leierskap – en watter beter tyd om die nuus te deel dat Elunda Basson nou die voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika is? Sy neem oor by RJ Botha, en met haar jare se ondervinding en passie vir wyn is dit ’n groot mylpaal vir die organisasie en vir Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc op die wêreldverhoog. Elunda is al van 2019 af keldermeester by Steenberg Vineyards, waar sy help om Constantia se wynreputasie verder uit te bou. Sy is bekend vir haar kundigheid in Cap Classique, het vir groot name soos Nederburg, Pongrácz en J.C. Le Roux gewerk, en het internasionale toekennings vir haar vonkel- en stilwyne ingepalm. ‘n Nuwe hoofstuk vir Sauvignon Blanc SA “Om by Steenberg te begin was vir my ‘n groot oomblik – ek het van vonkelwyn oorgeskakel na Sauvignon Blanc, en dis ‘n opwindende uitdaging. Gelukkig is Steenberg se terroir perfek vir topgehalte Sauvignon Blanc, en jy kan dit in elke sluk proe!” sê Elunda. Sy is sedert 2023 deel van Sauvignon …