All posts filed under: News

170 jaar later bly grondbestuur se les dieselfde

Die belangrikste les uit 170 jaar se navorsing is dat bemesting nie net produksie beïnvloed nie. Dit kan die grond, plantgemeenskappe en biodiversiteit oor geslagte heen verander. Meer voedingstowwe kan hooiproduksie verhoog, maar die verkeerde kombinasie of langdurige hoë toedienings kan die grond versuur en ’n kleiner groep mededingende plantspesies bevoordeel. Die gevolg is dat ’n grasveld wat aanvanklik eenvormig lyk, met verloop van tyd in heeltemal verskillende ekosisteme kan ontwikkel.

Invoere en opgehoopte varkvleis druk pryse af

Suid-Afrika se varkvleismark het binne enkele maande van moontlike tekorte na ’n beduidende ooraanbod beweeg. Hoewel laer pryse goeie nuus vir verbruikers is, plaas die skielike daling in groothandelpryse nuwe druk op produsente se marges. Groothandelpryse het volgens Arnold Prinsloo, uitvoerende hoof van Eskort, van sowat R40/kg tot ongeveer R30/kg gedaal. Hy verwag dat die mark uiteindelik nader aan sy historiese gemiddeld van ongeveer R32/kg sal stabiliseer namate vraag en aanbod weer in balans kom.

OVK vereer wolbedryfse uitblinkers

Dit was vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar waarin die Karoo Winter Wolfees aangebied is, en OVK is reeds al vyf jaar by die fees betrokke. Die afgelope vier jaar bied OVK, as deel van die fees, ook die OVK-galafunksie aan. Hierdie funksie dien as die opening van die fees, maar is ook ’n glansryke viering waartydens die wenners aangewys en pryse vir drie jaarlikse kompetisies oorhandig word.

TLU SA Jongboer van die Jaar | Laaste kans vir jongboere om in te skryf

Inskrywings vir TLU SA se Jongboer van die Jaar 2026-kompetisie sluit op 19 Junie en jong produsente regoor Suid-Afrika word nou aangemoedig om van die laaste geleentheid gebruik te maak om deel te word van een van georganiseerde landbou se mees gesogte kompetisies. Die TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het oor die jare ’n belangrike platform geword waar jong boere erkenning ontvang vir uitnemende bestuursvernuf, deursettingsvermoë, innovasie en hul bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika. Die kompetisie fokus nie slegs op produksie nie, maar op die volledige pakket van moderne boerderybestuur en die vermoë om ’n boerdery volhoubaar en verantwoordelik te bestuur in ’n tyd van toenemende ekonomiese en politieke druk. Vanjaar se kompetisie bied weer indrukwekkende pryse aan deelnemers. Die wenner ontvang gebruik van ’n bakkie vir 12 maande tesame met ’n kontantprys, terwyl die tweede- en derdeplekwenners gebruik van ’n SUV vir drie maande sowel as kontantpryse ontvang. Daarbenewens ontvang finaliste eksklusiewe geskenkpakkette, terwyl ’n tegnologie-borgskap ter waarde van R124 000 ook deel vorm van die pryspakket. “Dit gaan oor visie, beplanning, dissipline, …