Month: October 2020

’n Blink plan met slym

“Ek het ‘n regte dud gekoop,” sê Martin Etherington van die plaas wat hy in 2018 in Simondium aangeskaf het. Mon Rêve is Frans vir “my droom”, maar Martin se planne om op ‘n boetiekwynplaas af te tree, het aanvanklik in ‘n nagmerrie ontaard. Maar kort voor lank het hierdie bekwame vlieënier, boer en besigheidsman ‘n nuwe droom vir sy grond gehad.

T-bene uit Amsterdam

Ons kom by die voerkrale aan en Thys sit aan die stuur van ‘n trekker met ‘n enorme voermenger daaragter. Jy kan sommer sien hy wil nie gesteur word nie, maar hy spring hoflikheidshalwe uit die kajuit om te kom gesels. Die trekker se enjin bly loop. Dalk ter beklemtoning dat tyd nie op hierdie plaas verbeusel word met nietighede soos kletsery met die media nie.

Die wiele daai

Volgens Dawie is dit nie moontlik om hul koring heeltemal organies te boer nie, maar die verwerkingsproses by die meul is wel organies. Nadat die Koringraad in 1996 afgeskaf is, het Dawie senior die meul in 1998 gestig om ‘n mark vir hul koring te skep. “Ek moes ‘n mark vir ons koring gaan soek en het uit my onnoselheid die meul begin

SIYABONGA (dankie) landbou!

Die opwindende Agri-Expo inligtingsdae wat jaarliks tydens Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch aangebied word, het ‘n nuwe baadjie aangetrek en staan nou bekend as SIYABONGA-dae. Wat dit nog meer besonders maak, is dat dié geleenthede nou in verskillende streke plaasvind en regstreeks uitgesaai word sodat boere van oraloor kan deelneem.