Travel Snaps
comments 8

Minder is (soms) meer

writer: Hein Eksteen

Ten spyte van die Amerikaanse argitek, Frank Lloyd Wright, se kwinkslag: “Less is only more where more is no good” word ons nou tydens die fyndraai (hopelik) van COVID-19 genoop om eerder Chilon van Sparta na te loop: Minder ís meer.

Des te meer met die gevolge van klimaatsverandering en die haglike werklikheid dat die plaaslike ekonomie met sy tone in die Cocytus-rivier staan – volgens Dante is hierdie rivier die laagste vlak van die hel en uitgesonder vir verraaiers en siele skuldig aan bedrog (en sekerlik staatskapers en tenderpreneurs).

Ons is egter nie almal skuldig aan die bogenoemde euwels nie, maar dra wel die gevolge daarvan. Skaaptjops is seldsaam – en dit help nie meer jy het ʼn neef wat in die Boesmanland boer nie, die droogte het korte mette met sy lammers gemaak.

Hein Eksteen

Asof dit nie genoeg is nie, kyk na die brandstofpryse.Om met my bakkie en boswa van die Kaap na die Kalahari toe te ry, kos R3 000. In een rigting. Dan moet ek weer terugkom. Vergeet van die Kaokoland, die Moremi, Zambië, Malawi en ander plekke.

Om terug te keer na Chilon. Hy het ook gereken: “Kortheid is die kenmerk van vernuf”. Alhoewel die ou strydros die woorde filosofies bedoel het, is dit ook van toepassing op reis. Toere hoef nie altyd ver te wees nie. Soms is korter straks verder.

Neem byvoorbeeld die pad tussen Gordons- en Pringlebaai. Onlangs deur drie verskillende webtuistes aangewys as die skilderagtigste landskaproete ter wêreld. Clarence Drive, Suid-Afrika se eie Via Appia.

Gordonsbaai is vernoem na Robert Jacob Gordon, tussen 1780 en 1795 die bevelvoerder van die Kaapse garnisoen en ʼn weergalose gewer van plekname. Hy het boonop vele bestaande plekname verander. Byvoorbeeld, Gordonsbaai was eens Visch Hoek. Is daar nie een oorkant die baai nie? Natuurlik. Dus het Gordon Visch Hoek verskeep na wat vandag Vishoek is en Gordonsbaai na homself vernoem.

Kogelbaai, nie veel verder nie, ly ook onder haaksbenaming. Daar word merendeels geglo die baai is vernoem na die Colebrooke, ʼn skip wat in 1778 daar gestrand het. Helaas nie. Slingsby en Coombe, in hul boek Fynbos Coast, skryf dat die naam Kogelbaai reeds vóór die Colebrooke-tragedie bestaan het. Dit het te make met die ronde klippe wat deur die branders heen en weer gerol word en geluide maak soortgelyk aan kanonkoeëls wat op ʼn skip se dek rol.

Stap teen die berghang af en jy kom by Dappat se Gat, ʼn eertydse droster met ʼn onwrikbare geloof in die herverspreiding van welvaart. Die vabond het gesteelde vee in die grot aangehou en aan verbygaande skepe verkwansel.

Die ander opvallende kenmerk van hierdie weg sonder gelyke, is die aantal kruise langs die pad. Motorfietsryers wat nie hul innerlike Rossi in toom kan hou nie. En hengelaars wat hulle met die stormagtige golwe misreken. Lawrence G. Green beskryf hierdie kuslyn as “the most dangerous [vir hengelaars] in South Africa”.

Na vele draaie kom jy in Rooiels aan. Voorheen bekend as Waaigat – ten minste maak hierdie naam sin, aangesien die wind hier gebore word. Nietemin, Slingsby en Coombe skryf die naam Rooiels is nóg haaksbenaming: ‘‘The Dutch named many animals and plants after the European species they knew from home. The rooi els tree (Cunonia capensis) is, in fact, quite unrelated to the real red alder.”

En nog is het einde niet. Gordon, tesame met sy ewe verwaande mater, William Paterson, het vanmelewe hier gereis en plekke na hulself vernoem. Rooiels was dus op ʼn kol Paterson Bay. Die volgende dorp is Pringlebaai en, steeds op hul trip, doop Gordon hierdie baai . . . jy’s reg: Gordon’s Bay! Om later herdoop te word na Pringlebaai (vernoem na Admiraal Thomas Pringle).

Tydens die Tweede Wêreldoorlog bou die owerhede ʼn kamp vir Italiaanse krygsgevangenes naby die Pringlebaai-afdraai. Ry deur Pringlebaai en jy doen aan (niemand ry sommer hier verby nie) by die befaamde Hangklip Hotel. Die Suid-Afrikaanse Vloot bou gedurende dieselfde oorlog ʼn uitkykpos teen Hangklipberg om ʼn oog oor Adolf se duikbote te hou. Die basis word deur hubare jong SWANS (vroulike vlootpersoneel) bestuur en huisvesting word aan die voet van die berg opgerig. Hierdie tehuis word later Die Hangklip Hotel.

Plaaslike amateur-historici verstout hul deur te beweer dat daar sekerlik geheime ontmoetings tussen die Valentino’s en die swane was. Chilon sou hiermee saamstem. Hy skryf immers: “Sparta se dogters is nooit by die huis nie. Hulle gaan om met die manne tydens stoeiwedstryde.”’

Soos in die geval van die mensdom se hoogste ervaring, hoef ʼn padrit nie lank te wees om jou asemloos te laat nie. Die pad tussen Gordons- en Pringlebaai is beswaarlik 35 kilometer lank, maar met die oog op geskiedenis en verwarrende plekname, kan dit ʼn leeftyd neem om te verken en ontrafel.


Hein Eksteen is ’n storietrekboer wat saam met Ben Rumson (Lee Marvin in Paint Your Wagon) glo: ‘I’ve never seen a sight that didn’t look better looking back.’ Die Wes-Kaap is sy herkoms. Suider-Afrika sy herwaarts en derwaarts.

Filed under: Travel Snaps

by

Hein is a wandering collector of stories who lives by the words of Lee Marvin in Paint Your Wagon, "I’ve never seen a sight that didn’t look better looking back." He was born and bred in the Western Cape, but criss-crosses Southern Africa in this quest.

8 Comments

  1. 585555 802551Amaze! Thank you! I constantly wished to produce in my internet website a thing like that. Can I take element of the publish to my weblog? 672769

  2. 567416 888922Completely pent subject matter, appreciate it for selective data . 579920

  3. 912702 625188I cant say that I completely agree, but then once again Ive never really thought of it quite like that before. Thanks for giving me something to think about when Im supposed to have an empty mind even though trying to fall asleep tonight lol.. 196862

  4. 826368 174156You produced some decent points there. I looked on the web for that difficulty and discovered many people is going together with with the internet internet site. 257582

  5. 362737 799528I was curious if you ever thought of changing the page layout of your site? Its very well written; I love what youve got to say. But maybe you could a little more in the way of content so people could connect with it better. Youve got an awful lot of text for only having 1 or 2 pictures. Maybe you could space it out better? 187907

  6. Go X Waikiki says:

    199349 372629Thanks for blogging and i enjoy the blog posting so no public comments.,,,,,,,,,,, 726487

  7. 701030 778550Check out our website for details about securities based lending and more. There is details about stock and equity loans as effectively as application forms. 361865

  8. 545517 353057Hoping to go into business venture world-wide-web Indicates revealing your products or services furthermore companies not only to ladies locally, but nevertheless , to numerous prospective clients in which are online in most cases. e-wallet 918766

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *