Month: May 2020

Deur die lens van Strijdom van der Merwe

Nellis Nel van Dealesville het Strijdom van der Merwe gekontrakteer om te help met die rehabilitasie van ’n pan op sy plaas. Die gedagte was om iets daar aan die groei te kry. Ou bande word toe ingespan om ’n ekosisteem binne elke band te vorm. Strijdom het nog altyd belanggestel in energielyne (ley lines) en besluit toe om dit as basis vir die uitleg te gebruik – heel gepas want van die oudste skedels is in die Dealsesvilledistrik ontdek.

Deur die lens van San-Marie Barnard

Ons het in 2015 na Kranskloof in Natal getrek, waar my pa ‘n klein organiese boerdery begin het. Ons verskaf seisoenale groente, asook eiers, aan klante in die omgewing. Ons maak ons eie kompos met hawer en lusern wat ons ook self plant, en gebruik geen gif nie, so alles is werklik organies. Ons beoefen ook permakultuur, wat ‘n bybehorende plantmetode is.

Die Houthoop of Namaqualand – A success story born of crisis

“This Houthoop-business led me to change my entire perspective of our farm,” says Willem. “When I first arrived here, I farmed on my own. I spent a lot of time on the road ferrying the sheep between summer and winter pastures in the Boesmanland. With the success of Veronica’s meals, it all became too much. We worked late almost every night and Veronica had to do everything by herself. It was worth the effort, but I had to be here to help. I decided to sell the Boesmanland property to my brother; now we farm together.”