Suid-Afrika se rooivleisbedryf staan voor ’n ernstige uitdaging
Bek-en-klouseer is besig om die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf tot stilstand te ruk, en die tyd van verskonings is verby. Só was die ernstige boodskap by die jongste Nasionale Bek-en-kouseer Indaba, waar rolspelers uit die staatsdiens en landboubedryf bymekaargekom het om oplossings te vind.








