Dinge van ‘n hond
Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. Dawid beloon sy werkers vir hul werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar nie uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.







