Aartappelboer van die Jaar hou sy voetspore in die land
SW van Zyl van Sandveld Aartappels is op 23 Julie as die Syngenta Nasionale Aartappelboer van die Jaar 2026 aangewys. Agter dié titel lê veel meer as ’n goeie oes. Dit is die verhaal van ’n boer wat tegnologie en presisie omarm, die mark verstaan, by ’n uitdagende klimaat aanpas, maar steeds glo dat niks die boer se eie voetspore in die land kan vervang nie.





