Author: Bianca du Plessis

’n Blink plan met slym

“Ek het ‘n regte dud gekoop,” sê Martin Etherington van die plaas wat hy in 2018 in Simondium aangeskaf het. Mon Rêve is Frans vir “my droom”, maar Martin se planne om op ‘n boetiekwynplaas af te tree, het aanvanklik in ‘n nagmerrie ontaard. Maar kort voor lank het hierdie bekwame vlieënier, boer en besigheidsman ‘n nuwe droom vir sy grond gehad.

Die wiele daai

Volgens Dawie is dit nie moontlik om hul koring heeltemal organies te boer nie, maar die verwerkingsproses by die meul is wel organies. Nadat die Koringraad in 1996 afgeskaf is, het Dawie senior die meul in 1998 gestig om ‘n mark vir hul koring te skep. “Ek moes ‘n mark vir ons koring gaan soek en het uit my onnoselheid die meul begin

Dis nou la dolce vita hier in Porterville

“Ek is al my hele lewe hier,” sê Jan-Hendrik Basson wat op die familieplaas Dasbosch grootgeword het. Dit behoort nou aan sy oom, die bekende sakeman Whitey Basson. Jan-Hendrik het die stuk grond van 80 ha, wat vandag Wêreldsgeluk is, in 2003 aan Advokaat Willie Duminy verkoop. Hy besit steeds die buurplaas, Windvlakte, waar sy vrou, Merna, help om die 444 ha met beeste, skape, weiding en haar 45 Arabierperde te bestuur. Jan-Hendrik en Merna het in Stellenbosch ontmoet waar sy ‘n BSc Landbou behaal het, en hy by Elsenburg ‘n diploma in landbou.

Juweel van ’n vrug

’n Granaat het soveel stories as wat hy pitte het. Dit dra die simboliek van eksotiese, antieke beskawings en die versluierde suggestie dat hiérdie die oorspronklike verbode vrug was. Sensueel beslis, maar ook met ’n dikvellige onwilligheid om te vrek. Dink nou maar aan die verlate Karoo-opstalle met een ou granaatboom wat verbete aanhou blom. Maar om boorde vol granaatbome deur een van die ergste droogtes ooit te kry, is ’n heel ander storie.

Cape Garden Centre slaan munt uit bome.

Gerrit Schenck is die plaasbestuurder van Bonne Esperance plaas wat deel is van die Cape Garden Centre-groep. Hy bestuur Cape Trees op Bonne Esperance, ‘n groot boom-kwekery met ongeveer 11 500 bome, waarvan die oudste nege jaar oud is. Gerrit verduidelik dat die droogte hul voorraadvlakke ‘n knou gegee het, en dat voorraad van verskeie boomsoorte gevolglik tans laag is, maar teen hoogsomer weer op standaard sal wees.