Author: Danie Keet

’n Plan is ’n boerdery

Met op- en afdraande en verskeie stampe en stote het Boet le Roux sy pad oopgetrap – tussen tabak, koi-visse, waterblommetjies en merino’s deur.
Op die ou end het hy besluit dat kanola, koring en amandels die beste resultate lewer. Ons kry die storie agter Vlakkenheuwel se storie.

Kogman & Keisie se holistiese en natuurlike benadering tot boerdery

Die oorsprong van die naam Kogman & Keisie-gasteplaas word deeglik weerspieël in die lewenswyse en besigheidsmodel van die eienaars, Petrus en Liana Jansen. Staan ‘n mens by die gastehuis en kyk uit oor die klein vallei waardeur die Keisierivier rustig vloei na die ruwe Kogmanskloofberge wat waghou oor die ingang na Montagu aan die oorkant, verstaan mens beter hoekom die eienaars so ‘n lewensbestaan gekies het.

Bossies gee balsem

“Wat ons opset spesiaal maak, is dat ons alles self doen, ons kweek die boegoeplantjies van saad wat ons uit ons eie landerye oes, dan laat ons dit in kweektonnels groei tot dit tyd is om in die landerye te plant. Ons oes self, verwerk die boegoe met verskillende prosesse en verpak dit tesame met ‘n verskeidenheid rooibosteeprodukte, onder ons eie handelsmerk,” verduidelik Jan-Hendrik Slabbert

Toekenning van plase moet reg hanteer word

Die regering se planne om 896 plase van ongeveer 700 000 ha ongebruikte landbougrond aan nuwe boere beskikbaar te stel, is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, deels ’n poging om die herverdeling van grond vreedsaam aan te pak en om grondeienaarskap deur ’n doeltreffende grondhervormingsprogram te volg.