R24 miljoen om kool bekostigbaar te hou
Shoprite belê jaarliks miljoene rand agter die skerms om te verseker dat kool – een van Suid-Afrika se mees voedsame en veelsydige stapelvoedselsoorte – bekostigbaar bly vir almal.
Shoprite belê jaarliks miljoene rand agter die skerms om te verseker dat kool – een van Suid-Afrika se mees voedsame en veelsydige stapelvoedselsoorte – bekostigbaar bly vir almal.
Suid-Afrika is tans goed gevestig as wêreldleier in makadamia-produksie: ongeveer 27% van alle makadamianeute wêreldwyd word hier geproduseer. Die bedryf strek oor duisende hektaar en ondersteun duisende werksgeleenthede – van boorde tot verwerkingsaanlegte en logistiek.
Die Departement van Waterwese word heftig gekritiseer ná die vrylating van water uit die Clanwilliamdam sonder oorleg met sleutelrolspelers in die Olifantsriviervallei. Die streek, wat lewensbelangrike water benodig vir sy tafeldruiwe-, wyn- en rosyntjieproduksie, het met verontwaardiging op die besluit gereageer.
Yara Suid-Afrika, ’n groot rolspeler in landbou-innovasie en volhoubare boerdery, het op 22 Julie hul splinternuwe YouTube-kosreeks bekendgestel. Die eerste episode skop af met niemand anders nie as sjef Bertus Basson wat smaaklike gebakte aartappel nachos maak.
’n Nuwe era vir plaaslike preserveerprodukte is Woensdag 23 Julie ingelui met die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Met 456 inskrywings van 66 vervaardigers – meer as dubbel soveel as verwag – is dit duidelik dat die tyd ryp is vir nasionale erkenning van gehalte gepreserveerde produkte.
Daar is iets besonders aan die tradisie van vleisverwerking ná ’n jagtog – iets wat van geslag tot geslag oorgedra word. Wanneer oupa se mes geslyp word en ouma se resepteboekie weer oopgemaak word, raak dit nie net ’n proses van biltong, droëwors en pasteie maak nie, maar ’n geleentheid waar familie saamkom, herinneringe deel en hande vat rondom iets wat veel meer is as net kos.
Woodlands Dairy se pad na skoon energie, gesonde koeie en ’n skoner planeet
Op Die Kraaltjie hou Elize van Greunen duisende kwartels aan en bottel haar geheime resep met trots.
Sampioene is interessante swamme met ’n besonderse lewensiklus en merkwaardige gesondheidsvoordele. Om hulle op kommersiële skaal te verbou, verg diepgaande mikrobiologiese kennis en noukeurige beheer oor hul groei-omstandighede.
Charisma, ’n ekstra suiwer olyfolie uit Calitzdorp in die Klein-Karoo, is pas aangewys as een van die 2024 Absa Top 10 Olyfolies. Dis die Charisma 2 Delicate wat die eer gekry het – ’n produk van Ouma Se Huis Boutique Olive Estate, ’n plaas met diep familiegewortelde geskiedenis en ’n passie vir gehalte.