All posts filed under: Farm Tourism

Sorghum: ’n Antieke Graan vir ’n Moderne Toekoms

Namate somergraanboere begin voorberei vir die nuwe plantseisoen, werk ’n nasionale inisiatief, met die steun van die regering en bedryfsorganisasies, daaraan om meer hektare aan graansorghum te wy. Hierdie plan poog om sorghum weer ’n prominente plek in Suid- Afrika se landboubedryf te gee. WAAROM SORGHUM? Sorghum, oorspronklik in Afrika gedomestiseer, is een van die oudste graansoorte ter wêreld en ’n stapelvoedsel vir miljoene mense oor eeue heen. Tog het markdinamika wat gunstiger vir mielies en koring is, sorghum tot die agtergrond verdryf. Die herlewing van sorghum word aangedryf deur die dringende noodsaaklikheid van voedselsekerheid. Volgens die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) is 282 miljoen mense in Afrika ondervoed. In Suid-Afrika is voedsel op nasionale vlak beskikbaar, maar baie huishoudings het steeds nie toegang tot voedsaamheid nie. Sorghum bied ’n oplossing. Hierdie glutenvrye graan is ryk aan proteïene, minerale en vitamiene. Verder is dit ’n geharde gewas wat droogte en uiterste hitte weerstaan en op marginale gronde met minimale insette, soos kunsmis, kan groei. Hierdie eienskappe maak dit uiters geskik in die lig van …

Vanilla Vida: Van Woestyn- grond tot Vanielje met ’n Verskil

In die suide van Israel, in die droë Negev-woestyn, lê Vanilla Vida – ’n plaas wat nie net vanielje kweek nie, maar ook die manier waarop ons oor hierdie ikoniese geurmiddel dink, herdefinieer. Deur tegnologie en data-gedrewe benaderings te gebruik, stel hierdie plaas nuwe standaarde in vanieljeproduksie, selfs in uitdagende en nie-tradisionele omgewings. TEGNOLOGIE EN SMAAKBEHEER Vanilla Vida het ‘n rewolusionêre metode ontwikkel wat boere in staat stel om die smaak en gehalte van vanielje te beheer. Hulle gebruik gevorderde data-analise en presisietegnologie om groeitoestande te optimaliseer – van humiditeit en temperatuur tot ligintensiteit. Hierdie innovasie beteken dat vanielje nou verbou kan word in gebiede waar dit voorheen onmoontlik was, soos die Negev-woestyn. Deur hierdie beheer oor groeitoestande kan Vanilla Vida vanielje produseer met die hoogste vanillienkonsentrasie op die mark. Vanillien is die chemiese verbinding wat aan vanielje sy kenmerkende geur gee, en hoë konsentrasies daarvan beteken ‘n sterker, ryker geur in minder produk. Vanielje is so lig dat dit 80 kg vanieljepeule benodig om 1 kg vanielje-ekstrak te vervaardig, wat die hoë koste daarvan …

Nuwe organisasie vir landboustudente op Stellenbosch

Stellenbosch Landbou, ’n onafhanklike studenteorganisasie, is vandag by La Boucher op die Slaley Wynlandgoed bekendgestel. Studente van die Universiteit van Stellenbosch, Elsenburg-landboukollege en omliggende tersiêre instellings wat belangstel in landbou, die platteland en familiegebaseerde ondernemings kan aansluit by Stellenbosch Landbou. Die organisasie sal inskakel by die familieboerenetwerk Saai se studentevleuel, waar verskeie ander studentestrukture soos dié in Pretoria en Bloemfontein ook inskakel. Buiten die skakeling tussen hierdie studenteorganisasies word daar beding vir studiegeleenthede in die buiteland, beurse, werksgeleenthede en sosiale interaksies wat vry is van die erg regulatoriese omgewing van staats instellings. ’n Bus vol Stellenbosch-studente het reeds verlede week, as gaste van Graan-SA, Kaap Nampo bygewoon om met borge, hoë-tegnologie maatskappye en bio-tegnologie navorsers te skakel.  “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente…” “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente, wat buite die struktuur en finansieringssambreel van die universiteit of landboukollege staan. Beide die sosiale aktiwiteite en landbou-inhoud van skakel-aksies het ’n landelike fokus, en is daarop afgestem om ’n ryker studente-ervaring te skep,” sê Meent Borcherds, die voorsitter van Stellenbosch …

Matroosberg-natuurreservaat se beskermhere is boere van vele talente

Wanneer die sneeuvlokkies in Ceres val, is al wat leef en beef in hul motors om die Matroosberg met sy sneeukombers te gaan geniet. Daar word sneeumanne met wortelneuse gebou, droë takke word inderhaas vir arms ingespan en serpe word om die sneeumanne se yskoue nekke gedraai. Groot sneeuballe tref dik baadjies met dowwe plofgeluide – sneeupret op sy beste, ’n uur of drie van die Kaap af.

Wie is hierdie veelsydige Gordon Brace van Zulani Safari’s?

Gordon is in Zambië gebore en het reeds op ouderdom nege saam met ʼn legendariese jagter begin jag om vleis aan die myne te voorsien. Daar verloor die familie weens onteiening alles wat hulle besit het en trek na die ou Rhodesië waar die Zambië-ervaring hom weer afspeel. “Daarna gaan ek op ʼn wêreldreis en het meer as 60 lande besoek. Terug in Suid-Afrika bekom ons ʼn vrugteplaas in Lydenburg se omgewing. Alhoewel die plaas baie suksesvol was, wou ek nog altyd ʼn wildsplaas besit het.”

Velddrif se Vissers maak skoonskip met landboutoerisme

Woorde: Clifford Roberts Fotografie: Mia Truter Volstruisvlei is ’n ou plaas met ’n ryk geskiedenis, en Gielie Visser is die derde generasie wat hier boer. Die 1 640 ha grond lê op die R399 op pad na Piketberg. Tot 1950 – toe die brug oor die Bergrivier geopen het – moes jy die langpad ry om hier te kom. Koring is die hoofgewas van Volstruisvlei, maar sowat 40% se inkomste word deur Dohne Merino-skape en baster Hereford-beeste verskaf. Die beeste word vir hul vleis aangehou. Die vee wei hier en oorkant die rivier waar hy en sy vrou, Charlotte, ‘n kuierplek, Knor Varkie, geopen het. En sou jy wonder oor die plaas se naam: daar is nog nooit hier met volstruise geboer nie. ‘n Plakker van ‘n skaap pryk op die Volstruisvleinaambord op die hoofpad – seker opgeplak ná die soveelste vraag wat hulle hieroor gekry het! WAT IS IN ’N NAAM? Die plaasnaam se skakel met dié voëlspesie kom heel moontlik van wilde volstruise wat jare terug hier voorgekom het, vertel Charlotte. Hierdie grond …

Kogman & Keisie se holistiese en natuurlike benadering tot boerdery

Die oorsprong van die naam Kogman & Keisie-gasteplaas word deeglik weerspieël in die lewenswyse en besigheidsmodel van die eienaars, Petrus en Liana Jansen. Staan ‘n mens by die gastehuis en kyk uit oor die klein vallei waardeur die Keisierivier rustig vloei na die ruwe Kogmanskloofberge wat waghou oor die ingang na Montagu aan die oorkant, verstaan mens beter hoekom die eienaars so ‘n lewensbestaan gekies het.