Blesfontein – waar te veel en te min water lepellê
Met helder sterre bo hulle – en soms bedek met ʼn sneeukombers – voer Nicol en Marina van der Merwe teen die Roggeveldberge se kranswand ʼn bestaan met skaap, alpakkas en akkommodasie.
Met helder sterre bo hulle – en soms bedek met ʼn sneeukombers – voer Nicol en Marina van der Merwe teen die Roggeveldberge se kranswand ʼn bestaan met skaap, alpakkas en akkommodasie.
Wat kry jy wanneer jy ’n hartchirurg met ’n oog op die onthaalbedryf kruis met ’n beesboer wat ’n sagte plekkie het vir vlytbier, die stook van jenewer en ghongs van klip?
Grootbos Privaat Natuurreservaat net buite Gansbaai bied soveel meer as ’n luukse lodge. Onder die vaandel van die Grootbos-stigting word verskeie projekte hier bestuur – een daarvan sluit navorsing oor fynbos en die hervestiging van hierdie unieke plantbioom in die Walkerbaai-bewarea in, skryf Maryke Roberts.
Brandkop se kerkbasaar, donsduvets en bergfietsresies lewer ’n vriendelike
geselligheid in die Boesmanland. Ons besoek Elizna en Pieter Louw en leer meer van hul unieke benadering tot landbou-toerisme en gemeenskapontwikkeling.
Die landgoed Babylonstoren, omring deur die Simonsberg, Du Toitskloof en Franschhoekberge, dateer terug na 1692, maar dis die afgelope dekade wat die landgoed as’t ware weer begin blom het. Maryke Roberts het ’n nuwe toer oor die maak van vlugtige olie en seep gaan meemaak.
Loch Maree is deel van die Kalahari-rooiduinroete, waarvan Retha-hulle lid is. Die roete het tans 30 lede en strek vanaf Upington op die R360 tot by Rietfontein, Kgalagadi-Park en Van Zylsrus. Retha vertel dat die gasteplaas aanvanklik as jagkamp begin is, maar namate meer mense daarvan te hore gekom het, het hulle besef daar is ’n behoefte vir plaasverblyf by toeriste – mense soek iets buite die park.
“Ek is hier bo-op Gifberg gebore,” beduie Awie. “Op die plaas Kantoorshoek.” Gifberg is vernoem na die giftige bessies van ‘n bos wat op die berg groei. Khoisan het dié bessiegif gebruik om aan hul pylpunte te smeer. Awie vertel die bessies is só giftig, “as die bessie se pitte in ‘n klipbak val en skape suip van daai water, dan vrek hulle.”
Toe sy pa ʼn advertensie sien vir die Savoy-hotel in Kuruman, het hy sy huis in Plettenbergbaai as deposito aangebied en die hotel gekoop. Tussen Kuruman se rooi koppies het die Kaufmanns ʼn alles-in-een wegbreekplek geskep wat akkommodasie, konferensies, wandelpaaie, wildkyk, bergfietsry, ʼn lekker restaurant en ’n gesellige kroeg insluit.
‘n Groenteboer en sy vrou betree die toerismebedryf deur ‘n winkel en restaurant op hul plaas te open, en boer dan behoorlik vooruit.
“Dis presies drie jaar terug wat ons hier ingetrek het,” vertel sy as ek my klankopnemer aansit. “Twee weke voor ons oopmaak toe sê ek vir my man, ‘O Donderdag, hierdie ding gaan nie werk nie. Ons is te ver van die pad af.’” Spoedig is daar ‘n cappuccino voor my, so lekker soos enige in die Kaap. “Maar ja. Toe is dit die beste move, ever.” Dis nog vroeg, maar een vir een begin die motors daar indraai – Padlangs is beslis naby genoeg aan die pad.