All posts filed under: Mega Farmers

T-bene uit Amsterdam

Ons kom by die voerkrale aan en Thys sit aan die stuur van ‘n trekker met ‘n enorme voermenger daaragter. Jy kan sommer sien hy wil nie gesteur word nie, maar hy spring hoflikheidshalwe uit die kajuit om te kom gesels. Die trekker se enjin bly loop. Dalk ter beklemtoning dat tyd nie op hierdie plaas verbeusel word met nietighede soos kletsery met die media nie.

Huurder word mega boer

Die blywende indruk van ’n plaasgemeenskap op die gemoed van ’n 12-jarige seun het ’n man dekades later na Underberg laat terugkeer om sy kinderdroom te verwesenlik. Chris Dwen is een van die omgewing se grootste produsente van mielies, saadaartappels en beeste. Hy het eers op gehuurde grond in die vallei begin boer en homself stadig maar seker opgewerk tot hy sy eie plaas kon koop.

Wingerd aan die woestyn se rant

“Ons het lankal agtergekom ons moet dieselfde as wat ons aan produksie spandeer, op ons mense uitgee. Hoe gemakliker hulle woon, hoe veiliger hulle voel, en die mate waartoe hulle deel van die onderneming is, verbeter hulle werksgehalte en produksie.” Die afgelope drie jaar ontwikkel Dawid en sy span kindersorg-fasiliteite, klinieke en opleidingsentrums – met rekenaars en wifi toegerus – waar werkers ná ure hul vaardighede en horisonne kan verbreed. Kosteloos.