All posts filed under: farmers

Minder mense eet geblikte vrugte en Tulbagh betaal die prys

Mense eet minder geblikte vrugte. Vars is in. Suiker is uit. En enigiets wat as “verwerk” beskou word, moet toenemend teen die persepsie baklei dat dit minder gesond is. Dit is volgens Kobus Gertenbach, uitvoerende hoof van die Premier groep, een van die groot strukturele probleme wat nou agter Premier se plan staan om sy R1 miljard Fruit Products Western Cape inmaakfabriek op Tulbagh te sluit.

Van Perskesnippers tot Spekboomblatjang: Rekordgetal Preserveerprodukte Beïndruk met tradisie én Innovasie

Die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het Woensdag 29 Julie by Eensgezind buite Durbanville nuwe hoogtes bereik toe 85 vervaardigers ‘n rekordgetal van 700 gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte vir beoordeling ingeskryf het. Vanjaar is die inskrywings deur ‘n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel, van konfyte, marmelades, blatjang en piekels tot pesto’s, olywe en ander vernuwende skeppings.

Invoere en opgehoopte varkvleis druk pryse af

Suid-Afrika se varkvleismark het binne enkele maande van moontlike tekorte na ’n beduidende ooraanbod beweeg. Hoewel laer pryse goeie nuus vir verbruikers is, plaas die skielike daling in groothandelpryse nuwe druk op produsente se marges. Groothandelpryse het volgens Arnold Prinsloo, uitvoerende hoof van Eskort, van sowat R40/kg tot ongeveer R30/kg gedaal. Hy verwag dat die mark uiteindelik nader aan sy historiese gemiddeld van ongeveer R32/kg sal stabiliseer namate vraag en aanbod weer in balans kom.

Karoo Winter Wolfees groei van krag tot krag

Oud en jonk het op 3 en 4 Julie by die Dwarsvlei-plaas naby Middelburg in die Oos-Kaap saamgetrek vir die vyfde Karoo Winter Wolfees. Die jaarlikse fees vier en ondersteun Suid-Afrika se natuurlike veselbedryf deur middel van landbou-uitstallings, kundige gesprekke, kunsvlytwerksessies, plaaslike kos, mode en musiek. Cape Wools South Africa was vanjaar die hoofborg en vennoot.