All posts filed under: Innovation

Nuwe organisasie vir landboustudente op Stellenbosch

Stellenbosch Landbou, ’n onafhanklike studenteorganisasie, is vandag by La Boucher op die Slaley Wynlandgoed bekendgestel. Studente van die Universiteit van Stellenbosch, Elsenburg-landboukollege en omliggende tersiêre instellings wat belangstel in landbou, die platteland en familiegebaseerde ondernemings kan aansluit by Stellenbosch Landbou. Die organisasie sal inskakel by die familieboerenetwerk Saai se studentevleuel, waar verskeie ander studentestrukture soos dié in Pretoria en Bloemfontein ook inskakel. Buiten die skakeling tussen hierdie studenteorganisasies word daar beding vir studiegeleenthede in die buiteland, beurse, werksgeleenthede en sosiale interaksies wat vry is van die erg regulatoriese omgewing van staats instellings. ’n Bus vol Stellenbosch-studente het reeds verlede week, as gaste van Graan-SA, Kaap Nampo bygewoon om met borge, hoë-tegnologie maatskappye en bio-tegnologie navorsers te skakel.  “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente…” “Stellenbosch Landbou is ’n leierskapontwikkelingsplatform vir studente deur studente, wat buite die struktuur en finansieringssambreel van die universiteit of landboukollege staan. Beide die sosiale aktiwiteite en landbou-inhoud van skakel-aksies het ’n landelike fokus, en is daarop afgestem om ’n ryker studente-ervaring te skep,” sê Meent Borcherds, die voorsitter van Stellenbosch …

Troeteldierkos gee boere geleenthede

By Ostriland Meat in Citrusdal in die Wes-Kaap word volstruis en wildvleis van hoë gehalte vir supermarkte en uitvoer verwerk. Hulle vervaardig ook troeteldierhappies vir die Ostriland Groep se troeteldierkosmaatskappy, Nandoe, in Oudtshoorn. Nandoe vervaardig al sedert 2010 bederfhappies vir troeteldiere en het eers met volstruis-produkte begin en toe na hoender-, vark-, wildsvleis- en bees-produkte uitgebrei. Vandag kan hulle produkte in 800 veearts- en troeteldier-winkels in Suid-Afrika, Namibië en Botswana evind word, en van die produkte word na verskeie ander lande uitgevoer.