Author: Bianca du Plessis

Van niche tot riche

Suid-Afrika se bloubessie-produksie blom behoorlik die afgelope paar jaar. Sommige boere plant in potte of sakke, ander direk in die grond, in tonnels, onder skadunet of in oop lande. Dit is ’n veeleisende plant wat noukeurigheid vereis, maar die winsgrens daarvan maak dit ’n soete versoeking. Grond tot Mond besoek drie boere in verskillende streke wat besluit het om die sappige, swart supervrug ’n kans te gee.

Die groentesmous en die wynmaker

Ek dra gewoonlik vellies of tekkies wanneer ek plaasstories skryf. Maar voor dié onderhoud verruil ek my vellies vir deftiger skoene. Want dis altemit advokaat-burgemeester en doktor-grootbaas. En hóé het ek myself misgis. “Ag nee wat,” lag Johan en Gesie met die groetslag. “Dis sommer Gesie en Johan,” sê sy terwyl ons aansit by ʼn tafel in die Toeka stoor en restaurant op hul plaas, Domaine Brahms, in Agter-Paarl.

Kaiingbeskuit uit ‘n ander tyd

Natasha bak ‘n tradisionele kaiingboerbeskuit. Sy maak haar eie gis van aartappels wat in water geweek word. Dan maak sy ‘n suurdeeg met weinig suiker en sout, en deurspek met kaiingstukkies. Hierdie gisproses dateer uit die ou dae en die resep kom van Neels se ouma Betta, by wie Natasha leer bak het. Skaapstertjies word fyn gemaal en gebraai voor dit met die deeg gemeng word. Die beskuit proe baie beslis na skaapvet.

Aanhouer hou áán!

Bianca du Plessis gesels met Azer van Zyl, eienaar van Lumber & Lawn in Paarl, oor ’n loopbaan wat kaartjieverkope by ’n inryteater, die oprigting van die Universiteit Stellenbosch se eerste rekenaargebruiksareas, laewentelbaansatelliete en ten einde laaste, kettingsae insluit. ’n Onwaarskynlike maar uiters suksesvolle keuse vir ’n man wat nie vriende is met ’n moersleutel, tang of skroewedraaier nie.