All posts filed under: Niche Farmers

Afsaal, maar nie aftree nie

Weskussers is rateltaai met ‘n sagtheid vir mooi stories en interessante staaltjies. Dis mense wat anders na die lewe kyk, maar wat mooi verstaan wat belangrik is. Hulle kanniedood lewensuitkyk word deur die landskap uitgebeeld – of is dit nou andersom? Hoe dit ook al sy, die rotsbedekte omgewing met sy geharde plantegroei, die area se eiesoortige uitdrukkings en inwoners se harde teerheid is alles dinge wat hierdie plek diep in ‘n mens se hart laat inkruip. En dis hoe ons by Afsaal Padstal uitkom.

Só word een se kompos ’n ander kosbaarheid

Deur die eeue heen het koeiskedels ’n groot kulturele en geloofsimbool in lande regoor die wêreld geword. In ander lande, soos in Suid-Afrika, word diereskedels meestal vergruis om as veevoer of troeteldierkos gebruik te word, of die horings word blinkgemaak en as ornamente verkoop. Maar Jacqueline Chantler verander hierdie afvalproduk in pragtige skedel- en horingkuns.