Year: 2021

Oor die hond se stert tot op die aap se skouer

“Natuurlik het ons op die trekpad jolyt gemaak. Sodra ʼn klompie waens saam staning gemaak het, het ons die kitare, bekfluitjies en konsertinas uitgehaal. En ons kón dans. Nie soos die goed van vandag wat lyk asof hulle gif ingekry het nie.” Só onthou Tant Kobie in Eksteenfontein in die Richtersveld die ou dae toe die Bosluisbasters (hulle verwys trots na hulself op hierdie manier) nog grondloos met hul vee op die trekpad in die Boesmanland geswerf het.

Verseker jou oes deur kundiges

Binne ‘n kwessie van minute kan ‘n haelstorm jou hele oes vernietig terwyl jy magteloos staan en toekyk. Ons weer is baie wisselvallig en veral met die draai van die seisoene is daar baie veranderlike en vernietigende verskynsels. Aan die weer kan ons niks doen nie, maar aan jou risiko’s wel!

Só word een se kompos ’n ander kosbaarheid

Deur die eeue heen het koeiskedels ’n groot kulturele en geloofsimbool in lande regoor die wêreld geword. In ander lande, soos in Suid-Afrika, word diereskedels meestal vergruis om as veevoer of troeteldierkos gebruik te word, of die horings word blinkgemaak en as ornamente verkoop. Maar Jacqueline Chantler verander hierdie afvalproduk in pragtige skedel- en horingkuns.