Year: 2023

Van die vullishoop tot in luukse winkels

Van die vullishoop tot in luukse winkels – die volle herwinningsiklus van plastiek-produkte – is iets waarmee Zibo, ’n KAL Group Verskaffer Van Die Jaar-wenner vir 2022 in die afdeling vir pakmateriaal, kan spog. En een van die min, en waarskynlik die enigste herwinnaar, wat plastiekprodukte in al sy vorms vir die plastiekverpakkingsbedryf herbenut.

Ontmoet SA se eerste kommersiële amandelboere

Amandels is die grootste neutgewas ter wêreld en word ook as die mees volwasse mark beskou, aangesien hierdie neut wêreldwyd verkoop word. Dit teenoor byvoorbeeld die pekanneut wat omtrent net na China uitgevoer word en dus as enkelmarkgewas beskou word. Pimperneute is weer ontsettend duur, maar behoort die pryse te daal aangesien daar enorme hoeveelhede in Amerika aangeplant is. En daarom fokus Amanteco op uitvoere, omdat hulle ʼn premium produk verbou.