Year: 2021

Skatkis Bonsmaras

Die grondpad na Skatkis Bonsmaras hou vir kilometers langs ʼn baie duursame wildheining aan (dit voel miskien net só). Dan kom jy by seker die netjiesste plaas op aarde aan. En dit is hier waar Chris Visser en Blikkies Venter nóg ʼn gedugte span is. Twee fiks en gesonde manne, duidelik sonder opkikkermiddels.
Chris: “Dit is net vir my lekker om na ʼn netjiese plek toe te gaan. Hierdie is my happy place.”

Een bedelaar aan ‘n ander

Die Rastaman met ‘n houtkontrepsie in die hand, ‘n weerkaatsende sonbril en ‘n glimlag (asof sy mond vol sterre is) staan langs die pad by die afdraai na Noordeinde. Asof hy vir my wag. En waar my fokus oomblikke tevore teleurgesteld op die plastiek-rommel langs die pad was, is dit nou op hom.

SA Suiwelkampioenskappe lok byna 900 inskrywings

Byna 900 suiwelprodukte ding mee in die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika, wat van Donderdag 25 tot Vrydag 26 Februarie 2021 plaasvind. Die kampioenskappe se beoordeling het vanjaar ná 17 jaar weer teruggekeer na Elsenburg buite Stellenbosch, waar dit voorheen vir tien jaar, van 1995 tot 2004, aangebied is.

A photographic guide to tracks and tracking in Southern Africa

Al die soorte landdiere is in hierdie werk deur Louis Liebenberg verteenwoordig – amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere, asook ʼn afdeling toegewy aan insekte. Die teks word toegelig met foto’s en diagnostiese tekeninge van die diere se spoor. In sommige gevalle is daar ook foto’s van die diere se mis en ander leidrade wat sal help dat mens die diere maklik kan identifiseer tydens ʼn uitstappie in die veld.