Year: 2021

Goud in ’n skulp

Eens volop perlemoen is deesdae amper soos die reuse seekatte wat skepe tydens die Middeleeue geteister het. Mitiese seemonsters waarvan jy hoor, maar nooit te siene kry nie. Almal wat oud genoeg is, het hopelik ’n hemelse herinnering van die eerste keer wat hulle perlemoen geëet het. Ek was twaalf en dit was ’n bakkie gemaalde perlemoen en alikreukel in suurlemoenbotter,bedien op sagte witrys. Tot vandag toe is hierdie smaakervaring een van my gunstelinge, maar ongelukkig was dit ook die laaste keer dat ek perlemoen geproe het.

Help ons wildboere en #GaanJag!

Die wildbedryf in Suid-Afrika het vanweë drakoniese beperkings op jag ‘n ernstige terugslag beleef. ‘n Wesenlike deel van die meer as R16 miljard wat die bedryf jaarliks tot die ekonomie bydra, is van buitelandse trofeejagters afhanklik en hulle kon verlede jaar nie kom nie. Vanjaar gaan dit nie veel beter nie en wildboere het ál die hulp nodig wat hulle kan kry.

Kyk weer mooi na die bytjies en die blommetjies

“Einstein het gesê die dag as bye uitsterf, het die mens beswaarlik vier jaar op die aarde oor.” Helena van der Westhuizen leun vorentoe in haar stoel wanneer sy hierdie verdoemende nuus meedeel. Pierre van der Westhuizen garneer dié toekomsdis met brandnetels. “En dan sit jy met net graan op jou bord.” Oukei. Pap en wors (sousloos). Skaaptjops en braaibroodjies (laasgenoemde sonder tamatie en uie). Steak en tjips? Geen aartappels nie. G&T sonder ʼn skyfie suurlemoen. Nee! Geen jenewer, aangesien jy jenewerbessies benodig. Dit wat eens water was?