All posts filed under: Niche Farmers

’n Etiket wat uitstaan

Die amper oorweldigende leiklipagtige mineraliteit is die eerste ding wat my opval, maar dit neem my twee slukke om te besef dat ek miskien nie gou weer so ’n Syrah gaan drink nie. Die wyn is taamlik lig en ingetoë, maar tannies en dig van elegante lae rooi- en swartbessiegeure, fynbosagtige speserygeure, swart olywe en donker blomme. Selfs die peper wat meeste van ons land se Shiraz-wyne so verniel, is gesofistikeerd en genadiglik in balans met die geur-kompleksiteit van hierdie hoogs indrukwekkende wyn.

Juweel van ’n vrug

’n Granaat het soveel stories as wat hy pitte het. Dit dra die simboliek van eksotiese, antieke beskawings en die versluierde suggestie dat hiérdie die oorspronklike verbode vrug was. Sensueel beslis, maar ook met ’n dikvellige onwilligheid om te vrek. Dink nou maar aan die verlate Karoo-opstalle met een ou granaatboom wat verbete aanhou blom. Maar om boorde vol granaatbome deur een van die ergste droogtes ooit te kry, is ’n heel ander storie.

Cape Garden Centre slaan munt uit bome.

Gerrit Schenck is die plaasbestuurder van Bonne Esperance plaas wat deel is van die Cape Garden Centre-groep. Hy bestuur Cape Trees op Bonne Esperance, ‘n groot boom-kwekery met ongeveer 11 500 bome, waarvan die oudste nege jaar oud is. Gerrit verduidelik dat die droogte hul voorraadvlakke ‘n knou gegee het, en dat voorraad van verskeie boomsoorte gevolglik tans laag is, maar teen hoogsomer weer op standaard sal wees.

Van niche tot riche

Suid-Afrika se bloubessie-produksie blom behoorlik die afgelope paar jaar. Sommige boere plant in potte of sakke, ander direk in die grond, in tonnels, onder skadunet of in oop lande. Dit is ’n veeleisende plant wat noukeurigheid vereis, maar die winsgrens daarvan maak dit ’n soete versoeking. Grond tot Mond besoek drie boere in verskillende streke wat besluit het om die sappige, swart supervrug ’n kans te gee.