All posts filed under: Female Farmers

Blouberg Stalle klim die perd reg op

Ons wag buite op moeder owerste, Marlize Steyn en sien ook haar- en skoonheidsalonne. Hierdie geriewe is daar om die ma’s wat hul kinders vir perdrylesse bring te pamperlang. In Maart open tot ʼn veearts die deure om na diere met kwale om te sien. Ruiters, gepas geklee in knap rybroeke en -stewels, lyk soos sorgelose huppelende karakters uit ʼn Disney-fliek. Die drie instrukteurs is jonk en asembenemend fatsoenlik. Die perdespring- en oefenarenas is simmetries uitgelê, helderkleurig en word op die oog af elke dag gepoets. Selfs die stalwerkers is sexy.

Van proeflees na wynmaak

Met die eerste oogopslag lyk dit na ’n onwaarskynlike sprong. Hoe kan ’n proefleser, oorspronklik van Klerksdorp in die noorde van die land, by die Kaap se mees bekroonde wynkelder eindig as wynmaker? Vra maar net vir Zinaschke Steyn (33) wat pas as Nederburg se nuwe rooiwynmaker aangestel is.