Open letter to Pres. Cyril Ramaphosa
Carina Bester | Saai Media Statement
Carina Bester | Saai Media Statement
The civil rights organisation AfriForum announced an intensified campaign against farm murders today. It also directed an open letter to Pres. Cyril Ramaphosa, in which it demands the President to intervene. Ten practical steps that government should take to combat farm murders effectively are also detailed in the letter. To kick off the campaign, AfriForum today published a short documentary on the December 2010 murders of Attie (40), Wilna (36) and little Wilmien Potgieter (2) in the vicinity of Lindley.
“Dis presies drie jaar terug wat ons hier ingetrek het,” vertel sy as ek my klankopnemer aansit. “Twee weke voor ons oopmaak toe sê ek vir my man, ‘O Donderdag, hierdie ding gaan nie werk nie. Ons is te ver van die pad af.’” Spoedig is daar ‘n cappuccino voor my, so lekker soos enige in die Kaap. “Maar ja. Toe is dit die beste move, ever.” Dis nog vroeg, maar een vir een begin die motors daar indraai – Padlangs is beslis naby genoeg aan die pad.
Suid-Afrika se bloubessie-produksie blom behoorlik die afgelope paar jaar. Sommige boere plant in potte of sakke, ander direk in die grond, in tonnels, onder skadunet of in oop lande. Dit is ’n veeleisende plant wat noukeurigheid vereis, maar die winsgrens daarvan maak dit ’n soete versoeking. Grond tot Mond besoek drie boere in verskillende streke wat besluit het om die sappige, swart supervrug ’n kans te gee.
Laatmiddag sit ek saam met Danie en Flippie onder Khamkirri se driester lodge (vir my lyk dit nader aan vyfster te wees) se grasafdakke om die breë, hoefystervormige kroeg wat eweneens oor die rivier uitkyk. Visarende doen weer eens wat visarende doen en ons doen wat regdenkende mense om kroeë doen: teug aan nie-alkoholiese drankies en voer sinvolle gesprekke aangaande landboutoerisme.
Ek dra gewoonlik vellies of tekkies wanneer ek plaasstories skryf. Maar voor dié onderhoud verruil ek my vellies vir deftiger skoene. Want dis altemit advokaat-burgemeester en doktor-grootbaas. En hóé het ek myself misgis. “Ag nee wat,” lag Johan en Gesie met die groetslag. “Dis sommer Gesie en Johan,” sê sy terwyl ons aansit by ʼn tafel in die Toeka stoor en restaurant op hul plaas, Domaine Brahms, in Agter-Paarl.
’n Kaas met ’n baie ongewone naam het vroeër van-jaar weggestap as Suid-Afrika se Suiwelproduk van die Jaar 2019. St Francis of Ashisi, gemaak van gelyke hoeveelhede bok- en beesmelk wat in as toegedraai word, is vervaardig deur Belnori Boutique Cheesery van Bapsfontein, Gauteng.
Hamilton Russell Vineyards word gereken as een van die vallei se kroonjuwele – ‘n pronkplaas wat spog met wêreldklas, duur wyne. Maar onder die swier en sjarme, lê daar ‘n kosbare lagie uiters gesonde grond.
Voor ons behoorlik ons sit kry, sit sy drie groot houtborde vol lekkernye. Mens sien sommer dis regte Weskus-kos: goudbruin, borrie-gepiekelde kerrievis, vet, gekrummelde snoek-viskoeke en stywe patatsuurdeeg-roosterkoeke met margarien en heel, ingemaakte groenvye.
Grondhervorming is die afgelope paar jaar feitlik die hele tyd op die voorgrond as dit by gesprekke oor regstellings van onregte van die verlede kom. Grondbesit was sedert 1994, en die jare tydens die onderhandelinge om ‘n nuwe politieke bedeling vir Suid-Afrika te vind, nog altyd die kern van indringende en vurige debatte.
Maar is daar werklik iets nuuts op hierdie toneel en is daar vordering gemaak met grondhervorming en -onteiening? Of gaan dit deesdae net oor die debat of grond sonder vergoeding, goedsmoeds, deur die regering onteien kan word? Grond tot Mond het met ‘n paar kenners gesels.