Ek wens, ek wens
Hier maak ons kennis met die makabere wêreld van Seb die lykbesorger wat sy werk met lyke gelate aanvaar – om hulle te versorg, bloed en ander liggaamsvloeistof uit te tap, verminktes te herbou, te was en vas te werk, en dan die bleek gesigte te grimeer en mooi te maak vir die familie.










