All posts filed under: Farm to Fork

Rooibok-Filet-Flambé

Richard Kaufmann, van die Red Sands Country Lodge, bederf ons met Rooibok-filet-flambé. Die vleis word in skyfies gerangskik bo-op ‘n roomsous-reduksie. Die vleis is doeksag, vars, en heerlik. Die geur van impala word perfek gekomplementeer deur die brandewyn en die aromatiese peperkorrels in die ryk sous.

Die wiele daai

Volgens Dawie is dit nie moontlik om hul koring heeltemal organies te boer nie, maar die verwerkingsproses by die meul is wel organies. Nadat die Koringraad in 1996 afgeskaf is, het Dawie senior die meul in 1998 gestig om ‘n mark vir hul koring te skep. “Ek moes ‘n mark vir ons koring gaan soek en het uit my onnoselheid die meul begin

’n Etiket wat uitstaan

Die amper oorweldigende leiklipagtige mineraliteit is die eerste ding wat my opval, maar dit neem my twee slukke om te besef dat ek miskien nie gou weer so ’n Syrah gaan drink nie. Die wyn is taamlik lig en ingetoë, maar tannies en dig van elegante lae rooi- en swartbessiegeure, fynbosagtige speserygeure, swart olywe en donker blomme. Selfs die peper wat meeste van ons land se Shiraz-wyne so verniel, is gesofistikeerd en genadiglik in balans met die geur-kompleksiteit van hierdie hoogs indrukwekkende wyn.