All posts filed under: Farm to Fork

Wingerd aan die woestyn se rant

“Ons het lankal agtergekom ons moet dieselfde as wat ons aan produksie spandeer, op ons mense uitgee. Hoe gemakliker hulle woon, hoe veiliger hulle voel, en die mate waartoe hulle deel van die onderneming is, verbeter hulle werksgehalte en produksie.” Die afgelope drie jaar ontwikkel Dawid en sy span kindersorg-fasiliteite, klinieke en opleidingsentrums – met rekenaars en wifi toegerus – waar werkers ná ure hul vaardighede en horisonne kan verbreed. Kosteloos.

Patensie se posh padstal

“Dis presies drie jaar terug wat ons hier ingetrek het,” vertel sy as ek my klankopnemer aansit. “Twee weke voor ons oopmaak toe sê ek vir my man, ‘O Donderdag, hierdie ding gaan nie werk nie. Ons is te ver van die pad af.’” Spoedig is daar ‘n cappuccino voor my, so lekker soos enige in die Kaap. “Maar ja. Toe is dit die beste move, ever.” Dis nog vroeg, maar een vir een begin die motors daar indraai – Padlangs is beslis naby genoeg aan die pad.

Smul in die seemis

Voor ons behoorlik ons sit kry, sit sy drie groot houtborde vol lekkernye. Mens sien sommer dis regte Weskus-kos: goudbruin, borrie-gepiekelde kerrievis, vet, gekrummelde snoek-viskoeke en stywe patatsuurdeeg-roosterkoeke met margarien en heel, ingemaakte groenvye.

Kaiingbeskuit uit ‘n ander tyd

Natasha bak ‘n tradisionele kaiingboerbeskuit. Sy maak haar eie gis van aartappels wat in water geweek word. Dan maak sy ‘n suurdeeg met weinig suiker en sout, en deurspek met kaiingstukkies. Hierdie gisproses dateer uit die ou dae en die resep kom van Neels se ouma Betta, by wie Natasha leer bak het. Skaapstertjies word fyn gemaal en gebraai voor dit met die deeg gemeng word. Die beskuit proe baie beslis na skaapvet.