ALLESBESTE-BOERDERY – Broers bou voort aan drome
Die Ernst-familie staan al dekades aan die voorpunt van avokadonavorsing en -ontwikkeling in Suid-Afrika. Edrean en Zander is die vierde geslag boere.
Die Ernst-familie staan al dekades aan die voorpunt van avokadonavorsing en -ontwikkeling in Suid-Afrika. Edrean en Zander is die vierde geslag boere.
34 jaar gelede het die Joubert-broers en James Honiball begin met die bou van gronddamme om hulle trekkers in die af-seisoen te benut. Die Koppies-dam se kontrak is aan hulle toegeken en hulle moes ’n naam vir hulle besigheid registreer. Hulle registreer die naam, ALS, want het gemeen, hulle sal als doen om die besigheid te laat slaag. Só is die besigheid dan in 1990 as ALS geregistreer en vandag het die Groep sowat 1 100 mense permanent in hulle diens.
Met op- en afdraande en verskeie stampe en stote het Boet le Roux sy pad oopgetrap – tussen tabak, koi-visse, waterblommetjies en merino’s deur.
Op die ou end het hy besluit dat kanola, koring en amandels die beste resultate lewer. Ons kry die storie agter Vlakkenheuwel se storie.
Dit was die foto van die seeskil-pad in Costa Rica, met ʼn strooitjie in sy neus, wat bewussyn rondom strooitjies as’t ware in die hoof-stroom laat beland het. Toe die 2017-BBC dokumentêr, Blue Planet II, met ‘n toneel van ʼn albatros wat haar kuikens plastiek voer – op TV-skerms verskyn, het die anti-plastiek oorlog momentum gekry.
In 2010 het Willem die eerste sitrus op sy plaas in Marble Hall, Limpopo, geplant. Hy wou toe al ‘n verskaffer van die Nadorcott-kultivar onder die handelsnaam ClemenGold word, maar die geslote produsent-getal was vol. In 2014 is hy tot die klein, geselekteerde groep produsent-verskaffers toegelaat.
On this week’s Marketplace Africa, CNN International’s Cyril Vanier meets ZZ2 CEO Tommie van Zyl who talks about the company’s heritage and how avocados, cherries and dates play into their international expansion plans.
Ry uit Barrydale in ‘n noordwestelike rigting op die R62 en jy is sommer vinnig by Doornrivier. Die plaas is sedert 1923 in die Smit-familie. Piet Smit vertel dat sy oupa die plaas gekoop het terwyl hy ‘n winkelier op Barrydale was. “Daai tyd was hier nie kommersiële boere nie. Die hele Klein-Karoo was die ene volstruis en dit was ook net vir hulle vere – hulle is nie geslag nie.”
Tussen die Tsitsikamma- en Kougaberge in die Suidoos-Kaap, lê Joubertina, die Langkloof se belangrikste dorp. Die grond in hierdie omgewing word al sedert 1760 vir landbou bewerk en vandag is dit veral bekend vir appels en pere, maar deesdae ook vir ‘n verskeidenheid ander soorte sagtevrugte.
Die grondpad na Skatkis Bonsmaras hou vir kilometers langs ʼn baie duursame wildheining aan (dit voel miskien net só). Dan kom jy by seker die netjiesste plaas op aarde aan. En dit is hier waar Chris Visser en Blikkies Venter nóg ʼn gedugte span is. Twee fiks en gesonde manne, duidelik sonder opkikkermiddels.
Chris: “Dit is net vir my lekker om na ʼn netjiese plek toe te gaan. Hierdie is my happy place.”
“Diversifisering is nie ʼn opsie nie. Dit is ʼn noodsaaklikheid. Ons lewe in ʼn baie wisselvallige besigheidsomgewing waarin daar baie veranderlikes heers. Indien jy dus slegs op een vertakking steun, is die kanse baie goed dat jy een of ander tyd probleme gaan kry. Maar jy moet ook baie goed kyk hoe jy jou vertakkings saamstel, sodat almal nie op dieselfde hulpbronne, dieselfde mark en dieselfde kapitaalbron staatmaak nie.”